duimnael|320px|2018 Nissan GT-R Premium Die Nissan GT-R is 'n 2-deur 2+2-sportkoepee wat deur Nissan gebou word en die eerste keer in Japan in 2007 vrygestel is. Dit is die opvolger van die Nissan Skyline GT-R hoewel dit nie meer deel van die Skyline-reeks is nie.
Tussen 1969 en 1974, en weer tussen 1989 en 2002, het Nissan 'n hoë werkverrigtingweergawe van sy Skyline sedan as die Nissan Skyline GT-R vrygestel. Hierdie motor is bewys om ikonies vir Nissan te wees en behaal vele roem en sukses op beide die oop pad en resiesbane.
Die Nissan GT-R, hoewel dit nie meer die "Skyline" embleem dra nie, het ooreenkomste met die Nissan Skyline GT-R, wat slegs beskikbaar was in die VSA as 'n grysmarkmotor. Soortgelyk aan die latere geslagte van die Skyline GT-R's, is die Nissan GT-R vierwielaangedrewe met 'n tweeling-turbo sessilinderenjin en het die kenmerkende vier ronde agterligte. Maar die GT-R is 'n heeltemal nuwe model wat min deel met sy Skyline-familie, en is 'n volledige herontwerp van die vorige Skylines eerder as 'n inkrementele evolusie; die vierwieldryf HICAS stelsel is verwyder en die vorige reguit-6 RB26DETT enjin is vervang met 'n nuwe V6 VR38DETT. Die GT-R het ook sy Skylinevoorganger se bynaam "Godzilla" behou, so genoem deur die Australiese motorpublikasie "Wheels" in sy Julie 1989 uitgawe.
Verwysings
Eksterne skakels
Nissan GT-R amptelike webwerf Nissan GT-R persinligting Nissan GT-R Nismo GT3 Nissan GT-R 0-60 tye
GT-R