Die Princeton-universiteit is in 1746 gestig as die Kollege van New Jersey in Elizabeth, New Jersey en klasse het die volgende jaar begin. Die kollege was slegs oop vir mans. Dit het later geskuif na Newark en in 1756 na Princeton. In 1896 was die naam Universiteit van Princeton aanvaar.
Die fakulteite het soos volg geopen: Skool vir Ingenieurswese – 1873 Graduate School for non-professional higher studies in liberal arts and sciences – 1901 Skool vir Argitektuur – 1919 Woodrow Wilson School of Public and International Affairs – 1930
Suid-Afrikaners wat hier studeer het Barend du Plessis, Suid-Afrikaanse politikus en vorige lid van die Nasionale Party, asook die Minister van Finansies. Ds. Arnold Meiring, 'n predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en moderator van die Transvaalse Sinode. Dr. William Nicol, 'n NG predikant, teoloog, kultuurmens, opvoedkundige en administrateur van die Transvaal. Dr. Johannes Rudolf Albertyn, 'n leraar in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en 'n kenner op die gebied van armesorg en welsyn. Ds. Abraham Faure Louw jr., 'n predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk wat sy hele bediening in die destydse NG Sinode van Midde-Afrika deurgebring het. Prof. dr. Barend Bartholomeus Keet, 'n predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, hoogleraar aan die Kweekskool op Stellenbosch en een van die vyf vertalers van die 1933-vertaling van die Bybel in Afrikaans. Ds. Hendrik Adrian de Wet, 'n leraar in verskeie gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk.
Verwysings
Bron Collier's Encyclopedia'', Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 19, Bladsy 378.
Eksterne skakels
Kategorie:New Jersey Kategorie:Amerikaanse universiteite