duimnael|Janez Vermeiren, 'n Top Billing-aanbieder.

Top Billing is 'n Suid-Afrikaanse leefstyl-TV-program wat elke Donderdagaand tussen 20:30 en 21:30 op SABC3 uitgesaai en Sondae om 12:00 herhaal word. Dit is begin deur Basetsana Kumalo en Patience Stevens, wat die Tswelopele-produksiemaatskappy besit. Dit is die eerste keer in 1996 uitgesaai en is die oudste aaneenlopende leefstylprogram in die land. Behalwe 'n verskeidenheid aanbieders, maak die program ook van stemkunstenaars gebruik wat agtergrond-inligting tydens insetsels verskaf. Die tydskrif Top Billing verskyn sedert Maart 2004 met inhoud soortgelyk aan dié van die TV-program.

Aanbieders Jeannie D Bonang Matheba Janez Vermeiren Jonathan Boyton-Lee Lorna Maseko Ursula Chikane Aidan Bennetts Jo-Ann Strauss Michael Mol Dhiveja Sundrum Nico Panagio

Gewese aanbieders Basetsana Khumalo Tumisho Masha Neil McCarthy Kelly Parkhurst Lyndall Jarvis Casey B Dolan Vanessa Haywood Natalie Becker Simba Mhere

Stemkunstenaars Alex Jay Kevin Savage Phil Wright

Eksterne skakels Top Billing se webtuiste

Kategorie:Suid-Afrikaanse televisieprogramme