Die Ster van Betlehem of Campanula isophylla is ’n spesie plante van die familie Campanulaceae.

Eienskappe 170px|duimnael|links|Campanula isophylla in ’n hangpot. Die spesie is meerjarige rankplante wat 15 tot 20 cm hoog en 30 cm breed is. Die blomme is stervormig en 3,5 cm breed, en is blou, wit of ligpers. Die blomme kom in die laat somer of vroeë herfs uit. Die plant se blare is hartvormig, getand en liggroen.

Die Ster van Betlehem is ’n gewilde huisplant en is ideaal vir hangmandjies. Die groen stamme hang langs die kant van potte af. Soms word die naam verkeerdelik aangedui as Campanula mollis. Daar is egter ’n verskil in die blaarvorm van die twee spesies.

In die berge van Noord-Italië, wat die plant se habitat is, kan dit effense ryp weerstaan, maar potplante nie. Laasgenoemde groei goed in lugtige, gematigde toestande. Hulle kan skade opdoen van direkte sonlig.

Probleme Blomme en blare wat verrot, dui op te nat toestande. Rypskade kan die blare se rande laat swart word. Rooimyt kan ook voorkom.Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Blomme Kategorie:Huisplante Kategorie:Flora van Italië Kategorie:Endemiese plante van Italië