Princeton 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land  Deelstaat 20px New Jersey County Mercer Koördinate  Stigting 1669 Geïnkorporeer op 1 Januarie 2013 Oppervlakte:    - Totaal 47,56 vk km  Hoogte bo seevlak 58 m Bevolking:    - Totaal (2013) 29 008  - Bevolkingsdigtheid 600/vk km Tydsone EST (UTC -5) Somertyd EDT (UTC -4) Burgemeester Liz Lempert Amptelike Webwerf princetonnj.gov

Princeton is 'n stad in die deelstaat New Jersey, ongeveer 16 km noordoos van Trenton. Die eerste families het hulle in 1669 reeds hier gevestig, die nedersetting is eers Stony Brook genoem. In 1724 is die nedersetting hernoem tot Prince'e Town en later tot Princeton.

duimnael|links|Nassau Street, Princeton se hoofstraat Gedurende 1756 is die Kollege van New Jersey verskuif van Newark na Princeton en na 1896 het dit bekend geword as die Universiteit van Princeton.

Die eerste regering van die Verenigde State is ook in die munisipaliteit borough van Princeton georganiseer in 1776 en hulle het hier ook vir die eerste keer bymekaar gekom in die somer van 1777. George Washington het ook 'n Britse Mag oorwin tydens die Slag van Princeton in Januarie 1777.

Princeton was ook die hoofstad van die Verenigde State vanaf Junie 1783 tot November 1783 nadat die Kongres Philadelphia verlaat het uit vrees vir optrede van soldate wat nie betaal was nie. Vir drie maande tydens die gebeure het George Washington in 'n huis by die naby geleë Rocky Hill gebly. Die huis word bewaar. Princeton het dorpstatus in 1813 en stadstatus in 1838 verkry.

Bron Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 19, Bladsy 378.

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Nedersettings in New Jersey