Die mandaryn of Citrus reticulata is ’n variëteit van die lemoenfamilie. Dit is ’n klein sitrusboom met vrugte wat soos ’n lemoen lyk. Hulle word gewoonlik net so of in vrugteslaai geëet. Hulle is rooi-oranje van kleur.
Eienskappe duimnael|links|220px|Mandarynskyfies wat ingelê is. Die boom kan droogte beter weerstaan as die vrug. Die mandaryn is kwesbaar en word maklik deur koue getref. Dit groei in tropiese en subtropiese klimate.
Volgens molekulêre studies is die mandaryn, lemmetjie, pomelo en papeda vanweë inkweking die voorouers van alle ander sitrusspesies en hul variëteite.
Sitrusvrugte is gewoonlik selfbevrugtend (hulle het net ’n by nodig om stuifmeel van een deel van die blom na die ander oor te dra) of saadloos (hulle het nie bestuiwing nodig nie).
Verwysings
Eksterne skakels Feite oor voedingswaarde Variëteite van die mandaryn
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Sitrus