duimnael|250px|Die kalamondin, ’n sitrushibried.

’n Sitrushibried verwys gewoonlik na hibriede in die genus Citrus, dus die kombinasie van twee verskillende variëteite of spesies van sitrusvrugte om gemengde eienskappe van albei plantsoorte te kry. Sitrushibriede word gewoonlik aangedui met ×, gevolg deur die woord "Citrus", byvoorbeeld Citrus × aurantifolia.

Sitrushibriede Die algemeenste sitrushibriede, wat soms as ’n spesie op hul eie behandel word, is: Pomelo Suurlemoen Lemmetjie Lemoen

’n Paar minder belangrike hibriede is: Persiese lemmetjie – Citrus × latifolia Rangpur-lemmetjie – Citrus × limonia Sudachi – Citrus × sudachi Yuzu – Citrus ichangensis × reticulata Ponderosa – Citrus limon × medica

Intergenetiese hibriede Soms word vrugte van twee verskillende genera gekombineer:

Citrofortunella Citrofortunella is ’n hibriedgenus wat naby verwant aan Fortunella is. Dit is ’n gemengde woord tussen Citro (sitrus) en Fortunella (die genus van die koemkwat). Dit word aangedui deur die woord "Citrofortunella", gevolg deur ×, byvoorbeeld × Citrofortunella microcarpa.

Citrocirus Citrocirus is ’n hibriedgenus wat ’n mengsel is tussen lede van die genus Citrus en die verwante Poncirus.

Verwysings

Eksterne skakels GRIN-databasis vir sitrusspesies 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Sitrus