Die NV200 Kombi of NV200 Wagon (2009-) is 'n nutsvoertuig wat deur die Japannese motorvervaardiger Nissan vervaardig word. Die motorvoertuig is by die 2009 Geneefse Internasionale Motorskou onthul, gevolg deur 'n bekendstelling by die 2010 Beijing Internasionale Motoruitstalling.
Die NV200 word op 'n aangepaste weergawe van Nissan se B-platform gebou, met ten volle onafhanklike stutvoorvering gemonteer op 'n aparte subraam en 'n bladveeragteras. Dit is beskikbaar in kombi- en passasiersweergawes.
Die voertuig is voor die somer van 2009 in Japan vrygestel, gevolg deur Europa teen herfs 2009 en daarna in China en ander markte.
Verkope van Europese modelle van die NV200 wa en kombi het in Oktober 2009 'n aanvang geneem in die meeste Europese markte, gevolg deur die gesinsweergawe in 2010. Vroeë modelle sluit in die 1.6-liter HR16 petrol of 1.5 dCi (K9K) 1,461 cc dieselenjins, vyfgang-handratkas, met opsionele agterparkeerkamera.
Verwysings
NV200