Die Audi A1 is 'n ekonomiese superminimotor wat in 2010 by die Geneefse Motorskou deur die Duitse motorvervaardiger Audi bekendgestel is. Die eerste geslag A1 gebruik die Volkswagengroep PQ25 platform.

Verkope van die eerste driedeur A1 model het in Augustus 2010 in Duitsland begin, gevolg deur die Verenigde Koninkryk in November 2010. 'n Vyfdeurweergawe, die sogenaamde "Sportback", is in November 2011 van stapel gestuur, met verkope wat gedurende die lente van 2012 in uitvoermarkte begin het.

Verwysings

A1