duimnael|links|'n Prototipe van 'n elektrokardiograaf uit die vroeë 1950'sWaltham Historical Society Raytheon Company is 'n belangrike Amerikaanse nywerheidsreus en wapenkontrakteur met belange in die wapenbedryf asook in militêre en kommersiële elektronika, kommunikasiestelsels en kuberveiligheid.www.raytheon.com: Geskiedenis. Besoek op 16 Februarie 2015 As vervaardiger van tagtig persent van alle magnetronbuise, wat in destydse Britse en Amerikaanse radarstelsels gebruik is, het Raytheon 'n beslissende rol gedurende die Tweede Wêreldoorlog gespeel.
Latere tegnologiese deurbrake het die ontwikkeling van die eerste mikrogolfoond deur Raytheon-ingenieur Percy Spencer (1894-1970) en die digitale rekenaar ingesluit wat gebruik is om die Apollo 11-ruimtetuig tydens die eerste maanlanding in 1969 te beheer.
Sien ook MIM-104 Patriot
Verwysings
Kategorie:Amerikaanse maatskappye