Mooirivier is 'n Afrikaanse rolprent wat op 6 Februarie 2015 in Suid-Afrika vrygestel is. Rene van Rooyen het die storie geskryf en die regie behartig. Dit is haar eerste vollengte rolprent. Die film is onder andere op die Potchefstroom-kampus van die Noordwes-Universiteit geskiet. Die film se slagspreuk is: Liefde wen. Altyd.
Genre Mooirivier is 'n alles-in-een romantiese komedie. Dit word as Suid-Afrika se eerste ensemble-film beskryf.wereldwyd.co.za , besoek op 14 Februarie 2015 Die film het nie 'n ouderdomsperk nie, maar ouerleiding word aanbeveel. Dit is van Engelse onderskrifte voorsien.
Rolverdeling Anel Alexander, Tim Theron, Milan Murray, Hykie Berg, Heinz Winckler, Nadia Beukes, Danie Putter, Leandie du Randt, Bouwer Bosch, Anne Hirsch, Bennie Fourie, Sandi Schultz, Diaan Lawrenson, Greg Kriek, Suzzi Swanepoel, Zetske van Pletzen, Elmie Brits en Francois Viviers.
Storielyn Die rolprent het vyf aparte, dog verstrengelde storielyne van mense wat elkeen op hul eie, unieke ontdekkingsreis na ware liefde is. Hierdie storielyne ontvou tydens die aanloop na Paasfees in Suid-Afrika. Agt paartjies (van 12 tot 40 jaar oud) se reise na platoniese en romantiese liefde word uitgebeeld, met soms komiese en soms hartseer tonele.
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Romantiese rolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente