Die Suzuki Swift is 'n superminimotor wat sedert 2000 deur Suzuki in Japan vervaardig word. Voor dit was die "Swift"-kenteken aangebring op die Suzuki Cultus in talle uitvoermarkte.

Die Suzuki Swift se bemarking en vervaardiging het in 1985 begin as 'n herkentekening ("rebadge") van die Suzuki Cultus, 'n supermini (of subkompak) wat wêreldwyd vervaardig en bemark is oor drie geslagte en vier bakkonfigurasies: 'n driedeur-luikrug, vierdeur sedan, vyfdeur-luikrug en tweedeurafslaankap, en het die Suzuki G-enjinfamilie ingespan.

Die Swift is in die Japannese plaaslike mark as die Cultus bemark, en elders as die Suzuki Swift, Suzuki Forsa, Suzuki Jazz, Chevrolet Swift, Chevrolet Sprint en Sprint Metro, Geo en Chevrolet Metro, Pontiac Firefly, Maruti 1000, Holden Barina en Subaru Justy. Weergawes van die tweede geslag Cultus is ook tot 2007 in Indië geproduseer, en die motor is tans steeds in produksie in Pakistan en China.

Verwysings

Swift