City of Charlotte 280px Kaart Wapen 180px|center 75px|center Vlag 90px|center Land  Deelstaat 20px Noord-Carolina County Mecklenburg Koördinate  Stigting 1755 Inkorporasie 1768 Oppervlakte:    - Totaal 771 vk km  Hoogte bo seevlak 229 m Bevolking:    - Totaal (2013) 792 862  - Bevolkingsdigtheid 1 028,3/vk km Tydsone EST (UTC -5) Somertyd EDT (UTC -4) Burgemeester Vi Lyles (D) Amptelike Webwerf charmeck.org

Charlotte is die grootste stad in die deelstaat Noord-Carolina. Dit is ook die administratiewe setel van die Mecklenburg County. Die stad speel 'n belangrike rol in verspreiding, finansies en vervoer in die streek.

Die nedersetting is in 1748 gestig deur Britse, Duitse, Sweedse koloniste en ook Hugenote. Charlotte is in 1768 geïnkorporeer en ses jaar later tot die administratiewe setel van die Mecklenburg-distrik verklaar. Die ontdekking van goud in die nabye omgewing het skare delwers na die gebied laat stroom in 'n goudstormloop wat in sy omvang net deur Kalifornië s'n oortref word. Vanaf 1836 tot en met 1914 het die Amerikaanse Munt ook hier 'n fabriek gehad.

Gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog was Charlotte die basis van die Konfederale Vloot. Die laaste vergadering deur die Konfederale Regering onder leiding van Jefferson Davis is hier gehou op 10 April 1865.

Geboortes Billy Graham (1918-2018), evangelis

Lugvervoer Charlotte Douglas Internasionale Lughawe

Bron Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 5, Bladsy 731.

Kategorie:Nedersettings in Noord-Carolina