Seilbootjies of Spathiphyllum wallisii is ’n baie gewilde huisplant in die aronskelkfamilie, Araceae. Die genusnaam beteken "blomskedeblaar" en verwys na die blomskede wat in die begin soos ’n blaar lyk.

Eienskappe duimnael|links|200px|die blare is in die vorm van spiespunte. Dit is ’n kruidagtige, meerjarige plant met ’n seilvormige skutblaar en grasieuse, spiespuntvormige blare. Die bloeiwyse, wat ’n "bloeikolf" genoem word, het een groot skutblaar, wat ’n "blomskede" genoem word. Daar is soms twee blomskedes, en dan is die boonste een kleiner. Die bloeikolf is gewoonlik room- of ivoorkleurig wanneer die plant jonk is en word mettertyd groen. Die blare is bodemstandig en blink en het dieperige are.

Spathiphyllum wallisii is een van sowat 40 spesies in ’n genus van tropiese immergroen plante. Dit is in die laat 19de eeu in Sentraal-Amerika ontdek waar dit wild gegroei het.

’n Paar kultivars, waarvan baie van hibridiese oorsprong is, is beskikbaar soos die groter hibriede "Mauna Loa”, wat na die Hawaise vulkaan genoem is en tot ’n meter hoog kan word, en die selfs groter “Sensation”, wat albei gewilde huisplante is.

Probleme As die plant nie blom nie, moet dit bemes word. Geel blare dui op te veel direkte sonlig. Rooimyte en plantluise kan ook voorkom.Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992.

Verwysings

Eksterne skakels Blomme van Indië – seilbootjies Tropiese plante – seilbootjies Flickr Cluster – Spathiphyllum

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Huisplante