Die winterkersie (Solanum pseudocapsicum) is ’n spesie van die genus Solanum met giftige vrugte. Dié meerjarige plante kan as huisplante gekweek word, maar dit word in sommige lande as ’n onkruid beskou.
Eienskappe duimnael|links|180px|S. pseudocapsicum dra groot blomme. Die plant is inheems aan Peru en Ecuador en kan ryp en koue weerstaan. Hulle leef sowat 10 jaar en dra gewoonlik van hul tweede of derde jaar af bessies. Hulle is verwant aan die tamatie (Solanum lycopersicum) en die vrugte se smaak en tekstuur is baie soos dié van kersietamaties; daarom word die twee dikwels verwar. Hulle is ook verwant aan die aartappel (Solanum tuberosum).
Dit is een van twee spesies van Solanum wat as huisplante gekweek kan word; die ander een is Solanum annuum.Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992.
Probleme Hoewel die bessies giftig is, is hulle gewoonlik nie lewensgevaarlik vir mense nie. Dit kan wel maagprobleme veroorsaak, onder meer vomering en gastro-enteritis. Winterkersies is baie giftig vir honde, katte, en sommige voëls.
As die blare verlep en die bessies afval, is die plant te droog. As die onderste blare geel word met bruin kolle op, is daar ’n magnesiumtekort. Vaalvrot, rooimyte en virussiekte kan ook voorkom. In laasgenoemde geval moet die hele plant vernietig word.
Verwysings
Eksterne skakels Solanum capsicastrum: inligting Solanum capsicastrum: nog inligting
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bessies Kategorie:Huisplante Kategorie:Solanum Kategorie:Flora van Ecuador Kategorie:Flora van Peru