Juneau 280px Kaart Seël 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land  Deelstaat 20px Alaska Koördinate  Stigting 1881/1882 Inkorporasie 1900 Oppervlakte:    - Totaal 8 429,64 vk km  Hoogte bo seevlak 10 m Bevolking:    - Totaal (2024) 31 572  - Bevolkingsdigtheid 4,4/vk km Tydsone AKST (UTC -9) Somertyd AKDT (UTC -8) Burgemeester Beth Weldon Amptelike webwerf juneau.org

Juneau is die hoofstad van die deelstaat Alaska en is reeds in 1880 gestig deur goudprospekteerders. In 1900 het dit dorpstatus verkry. Die stad het vinnig gegroei soos die goudmyne in die omgewing ontwikkel het en het in 1906 die hoofstad van Alaska geword. Daar is 'n steeds 'n visvloot gestasioneer in die stad wat die plaaslike salm vang.

Klimaat Die gemiddelde daaglikse temperature in die somer is 10° tot 14 °C, terwyl die gemiddelde temperature tydens die winter tot -14 °C kan daal. Desondanks geniet die stad 'n milder klimaat as baie gebiede van die vastelandse Verenigde State.

Bronnelys Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 13, Bladsy 668.

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Hoofstede in die Verenigde State Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in Alaska