Trenton 280px Kaart Wapen 180px|center 75px|center Vlag 90px|center Land Deelstaat 20px New Jersey County Mercer Koördinate Stigting 1679 Geïnkorporeer op 13 November 1792 Oppervlakte: - Totaal 21 122 vk km Hoogte bo seevlak 15 m Bevolking: - Totaal (2013) 84 349 - Bevolkingsdigtheid 4 286,5/vk km Tydsone OST (UTC -5) Somertyd ODT (UTC -4) Burgemeester Eric Jackson Amptelike Webwerf trentonnj.org
Trenton is die hoofstad van die deelstaat New Jersey en administratiewe setel van die Mercer County en is geleë langs die Delawarerivier waar die laaste baken is vir gety navigasie. Die eerste blanke setlaar was Mahlon Stacy wat reeds in 1679 'n huis en meule gebou het waarom later 'n klein gemeenskap gevorm het. In 1714 het William Trent 800 akker grond gekoop van Stacy en dit verder ontwikkel. Die huis wat hy in 1719 gebou het staan nog steeds en is nou 'n museum. Die nedersetting het bekend geword as Trent's Town.
Die deurslaggewende Slag van Trenton het op 26 Desember 1776 gedurende die Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog hier plaasgevind.
Epidemiese uitbrake van geelkoors in Philadelphia gedurende 1794,1798 en 1799 het tot gevolg gehad dat beamptes van die Federale regering tydelik in Trenton werksaam was.
Bron Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 22, Bladsy 467.
Kategorie:Hoofstede in die Verenigde State Kategorie:Nedersettings in New Jersey