Columbus 280px Kaart Seël 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Deelstaat 20px Ohio Counties Delaware, Fairfield, Franklin Koördinate Gestig op 14 Februarie 1812 Oppervlakte: - Totaal 586 vk km Hoogte bo seevlak 241 m Bevolking: - Totaal (2025) 905 748 - Bevolkingsdigtheid 1 586/vk km Tydsone UTC -5 (OST) - Somertyd UTC -4 (ODT) Burgemeester Andrew Ginther (D) Amptelike webwerf columbus.gov
Columbus is die hoofstad van die deelstaat Ohio in die Verenigde State.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Die stad het in 1797 as 'n nedersetting op die wesoewer van die Sciotorivier ontstaan. Dit het eers bekend gestaan as Franklinton en word die hoofdorp in die graafskap in 1803.
In 1812 was die land aan die oorkant van die rivier uitgelê as die hoofstad van die deelstaat. Dit het egter eers in 1816 die hoofstad geword. Hierdie gemeenskap het as Columbus bekend gestaan. In 1834 verkry dit stadstatus. In 1871 het Franklinton deel geword van Columbus.
Daar was tydens die Amerikaanse Burgeroorlog ook 'n kamp vir die Konfederasie se gevangenis in die stad. Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 7, Bladsy 38.
Columbus was een van die gasheerstede tydens die Vrouesokkerwêreldbeker 2003.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Hoofstede in die Verenigde State Kategorie:Nedersettings in Ohio