Hartford is die hoofstad van die deelstaat Connecticut en is reeds in 1636 gestig. 'n Groep Puriteinse setlaars uit Engeland onder die leiding van Thomas Hooker het hulle in 1636 hier gevestig. Die stad het in 1875 die hoofstad van Connecticut geword en is geleë in 'n vallei tussen die Connecticutrivier en die Talcottberge.

Bron Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 13, Bladsy 531.

Kategorie:Hoofstede in die Verenigde State Kategorie:Nedersettings in Connecticut