Die 2016 Superrugbyseisoen het op 26 Februarie 2016 afgeskop, met die eindstryd op 6 Augustus, en voorseisoenwedstryde wat van middel Januarie gespeel is. Dit was die eerste seisoen van die vergrote 18-span-toernooi en die 21de van die rugbykompetisie tussen provinsiale spanne van die suidelike halfrond. Een span elk van Argentinië en Japan is ook toegevoeg.
Kompetisieformaat Die agtien spanne is geografies gegroepeer. Daar was twee streeksgroepe wat elk uit twee konferensies bestaan: die Australasiese Groep met vyf spanne elk in die Australiese en Nieu-Seelandse Konferensies en die Suid-Afrikaanse Groep met ses Suid-Afrikaanse spanne en een elk van Argentinië en Japan. Die Suid-Afrikaanse Groep is in twee konferensies van vier spanne elk opgedeel, genaamd Afrika 1 en Afrika 2
In die groepfase was daar sewentien rondes, waar elke span vyftien wedstryde gespeel het en twee loslootjies gehad het vir ’n totaal van 135 wedstryde.
Elke span het ten minste een keer teen elke ander span in sy konferensie gespeel; spanne het ook teen die spanne in die ander konferensie van sy groep gespeel. ’n Span het ook teen een van die twee konferensies van die ander groep gespeel.
Die boonste span van elke konferensie het outomaties kwalifiseer vir die kwarteindronde. Die volgende drie spanne in die Australasiese Groep en die volgende topspan in die Suid-Afrikaanse Groep het ook kwalifiseer vir die kwarteindronde. Die konferensiewenners is vir die kwarteindronde van 1 tot 4 gegradeer na gelang van die ligapunte wat hulle verdien het, terwyl die ander kwalifiserende spanne van 5 tot 8 gegradeer is op dieselfde manier.
In die kwarteindronde het die konferensiewenners tuiswedstryde gehad. Die konferensiewenner met die meeste ligapunte hetge teen die kwalifiserende span met die minste ligapunte speel, die konferensiewenner met die tweede meeste punte teen die kwalifiserende span met die tweede minste punte ens.
Die wenners van die kwarteindronde het na die halfeindronde deurgedring waar die span met die hoogste gradering teen dié met die laagste gradering gespeel het, asook die twee in die middel teen mekaar.
Die wenners van die halfeindronde het na die eindronde deurgedring op die tuisveld van die span met die hoogste gradering.
Punte
Tabelnotas & Kompetisiereëls Tabelnotas Pos = Tabelposisie S = Speel W = Wen (4 punte) G = Gelykop (2 punte) V = Verloor (0 punte) PV = Punte vir (Totale punte aangeteken) PT = Punte teen (Totale punte afgestaan) +/- = Punteverskil (Die totaal van PV minus PT punte) DB = Drieëbonuspunt VB = Verliesbonus Slegs die verloorspan kan ’n maksimum van 2 bonuspunte verkry. Pte = Alle punte wat bymekaar gemaak is
Kompetisiereëls Die topagt spanne het vir die uitspeelronde kwalifiseer en hul finale puntestand het die loting vir die kwarteindstryde bepaal. Die groepwenners was 1 tot 4 gekeur vir die kwarteindstryde, volgens die punte wat hulle tydens die groepfase gekry het terwyl die ander vier spanne (5 tot 8) gekeur was volgens die punte wat hulle gedurende die groepfase gekry het. In die kwarteindronde het die groepwenners tuiswedstryde gehad met die hoogste 1 wat teen 8 gespeel het, 2 teen 7, 3 teen 6 en 4 teen 5. Die wenners van die kwarteindstryde het na die halfeindronde deurdring waar die hoogste gekeurde span wat deurgedring het ’n tuiswedstryd gehad het teen die span wat deurgedring het met die laagste keuring en die span wat deurgedring het met die tweede hoogste keuring ’n tuiswedstryd teen die span wat deurgedring het met die tweede laagste keuring. Die wenners van die halfeindstryde het in die eindstryd gespeel met ’n tuiswedstryd vir die span met die hoogste keuring.
Punte-uiteensetting: 4 punte vir ’n oorwinning 2 punte vir ’n gelykopuitslag 1 bonuspunt vir ’n verlies van sewe of minder punte 1 bonuspunt wanneer ten minste drie meer drieë as die opponent aangeteken word
Plasing op punteleër: Die puntestand word soos volg bereken: Groepleiers (m.a.w. groepleiers sal altyd onder die topvier tel) Tabelpunte Aantal wedstryde gewen Algehele punteverskil Aantal drieë gedruk Algehele drieëverskil
Ronde vir ronde
Wedstryddatums DatumDatumWeek 126-27 FebWeek 116–7 MeiWeek 24–5 MaartWeek 1213-14 MeiWeek 311–12 MaartWeek 1320-21 MeiWeek 418–19 MaartWeek 1427-29 MeiWeek 525–27 MaartWeek 151-2 JulieWeek 61–3 AprilWeek 168-9 JulieWeek 78-9 AprilWeek 1715-16 JulieWeek 815–16 AprilUitspeelrondes22-23 JulieWeek 922–24 AprilHalfeindronde29-30 JulieWeek 1029-30 AprilEindronde6 Augustus
Nota: Afskoptye is in die land waar die wedstryd gespeel word
Week 1
Week 2
Loslootjie: Sunwolves, Kings
Week 3 Geen somertyd in Perth.
Loslootjie: Bulls, Crusaders, Jaguares, Waratahs
Week 4 Geen somertyd in Brisbane.
Week 5 Paasnaweek Geen somertyd in Brisbane.
Loslootjie: Blues, Lions
Week 6 Sondag 3 April eindig somertyd in Australië en Nieu-Seeland.
Loslootjie: Hurricanes, Reds, Sharks, Stormers
Week 7
Loslootjie: Brumbies, Cheetahs, Rebels, Waratahs
Week 8
Loslootjie: Chiefs, Force, Highlanders, Kings
Week 9
Loslootjie: Blues, Bulls
Week 10
Loslootjie: Crusaders, Sunwolves
Week 11
Loslootjie: Jaguares, Lions, Rebels, Stormers
Week 12
Loslootjie: Chiefs, Force
Week 13
Loslootjie: Brumbies, Cheetahs, Highlanders, Hurricanes
Week 14
Loslootjie: Reds, Sharks
Week 15
Week 16
Week 17
Uitspeelwedstryde
Kwarteindronde
Halfeindronde
Eindronde
Voorste puntemakers 10 voorste puntemakersPosNaamPunteSpan 1 Beauden Barrett 223 Hurricanes 2 Damian McKenzie 199 Chiefs 3 Elton Jantjies 190 Lions 4 Lima Sopoaga 186 Highlanders 5 Richard Mo’unga 179 Crusaders 6 Christian Lealiifano 163 Brumbies 7 Nicolás Sánchez 142 Jaguares 8 Ihaia West 130 Blues 9 Jean-Luc du Plessis 128 Stormers 10 Jack Debreczeni 120 Rebels Bron:
Verwysings
Kategorie:Sport in 2016 Kategorie:Superrugby