Die jasmyn (Jasminum polyanthum) is ’n immergroen klimplant van die olyffamilie, Oleaceae, en is inheems aan China en Birma (Mianmar).Kew World Checklist of Selected Plant Families, Jasminum polyanthum

Eienskappe Dit het talle rooi-pienk blomknoppe in die laat winter en vroeë lente, gevolg deur welriekende, stervormige blomme met vyf kroonblare wat sowat 2 cm breed is. Dit het saamgestelde blare met 5 tot 7 blaartjies wat donkergroen is bo en ’n ligter groen onder. Die eindblaartjie is merkbaar groter as die ander blare. Die plant groei welig en kan tot 6 meter hoog word as dit gestut word.

Die jasmyn is bekend as ’n huisplant. Dit sal die beste blom as dit in die somer in die son geplaas word sodat die lote kan ryp word. In die herfs kan dit in die huis ingebring word. Dit groei vinnig en maklik. Dit kan buite gebruik word om mure en heinings te bedek. Dit groei ewe goed in die son en ligte skadu. Dit kan gekweek word deur middel van saad en wortellote.

Probleme As die blomknoppe nie oopgaan nie, kry die plant te min lig. As die blomknoppe bruin word, is dit te warm en droog. Rooimyte en plantluise kan voorkom.

Galery

Verwysings

Eksterne skakels "Jasminum Polyanthum Creative Gardening" Jasminum polyanthum in "Flora of China", Vol. 15, by illustrasie Jasminum polyanthum by www.esveld.nl

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Jasminum Kategorie:Blomme Kategorie:Huisplante Kategorie:Rankplante Kategorie:Tuinplante Kategorie:Flora van Mianmar Kategorie:Flora van die Volksrepubliek China