duimnael|links|Satellietbeeld van die Río Paraná, die Río Paraguay en die Río Uruguay Die Río Uruguay (Spaans: [uɾuˈɣwai], Guaraní: Ysyry Uruguái, Portugees: Rio Uruguai [uɾuˈɡwaj]), is 'n groot suidwes-vloeiende rivier in Suid-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 1 838 km, is die tweede grootste sytak van die Río Paraná. Die naam van die rivier beteken "Rivier van die kleurvolle voël".

Die Río Uruguay ontspring in die Brasiliaanse Bergland in die deelstaat Santa Catarina. Dit vorm aansluitend die grens tot die deelstaat Rio Grande do Sul en later die grens tussen Argentinië en Brasilië. Op die laaste 300 km vorm die rivier die grens tussen Argentinië en Uruguay, wat sy naam van die rivier aflei: "Republiek Oos van die Uruguay". Saam met die Río Paraná mond die rivier uit in die Rio de la Plata, wat naby Buenos Aires in die Atlantiese Oseaan uitmond.

Verwysings

Kategorie:Riviere in Argentinië Kategorie:Riviere in Brasilië Kategorie:Riviere in Uruguay Kategorie:Santa Catarina Kategorie:Rio Grande do Sul