Die krismisroos is ’n spesie van blomplant in die Hydrangea genus en is inheems aan China en Japan. Sy wetenskaplike naam is Hydrangea macrophylla. Die term macrophylla beteken "met groot of lang blare".

Eienskappe duimnael|links|180px|’n Nabyskoot van ’n blom wat gekleurde kelkblare om die vyf kroonblare wys. Dit is ’n bladwisselende struik wat tot 2 meter hoog en 2,5 meter breed word, met groot trosse pienk of blou blomme in die somer en herfs.

Die bloeiwyse van die plant is ’n stingeltros, met al die blomme in ’n vlak of halfsirkel of selfs ’n hele sfeer. Twee soorte blomme word onderskei: sentrale, nie-ornamentele, vrugbare blomme en ornamentele randblomme wat gewoonlik as "steriel" beskryf word. ’n Studie van verskeie kultivars het egter getoon al die blomme is vrugbaar.

Kleure en suurinhoud Die spesie se blomme kan blou, rooi, pink, ligpers of donkerpers wees. Die kleur word bepaal deur die pH van die grond.Universiteit van Georgia: Growing Bigleaf Hydrangea Suur grond (pH onder 7) sal ’n kleur nader aan blou tot gevolg hê, terwyl alkaliese grond (pH bo 7) sal lei tot pienk blomme. Om blou blomme te kry kan aluin (aluminiumsulfaat) by die water gegooi word.Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992.

Sinonieme Hortensia opuloides Lam. Hydrangea chungii Rehder Hydrangea hortensia Siebold Hydrangea hortensis Sm. Hydrangea maritima Haw.-Booth Hydrangea opuloides (Lam.) K.Koch Hydrangea otaksa Siebold & Zucc. Viburnum macrophyllum Thunb.

Galery Talle kultivars word aangetref. Van hulle is:

Verwysings

Eksterne skakels "Splendor in the Grass" "Hydrangeas – Their Pruning and Care" (Heronswood-kwekery) http://www.hydrangeashydrangeas.com/mopheads.html "All About Hydrangeas: Information on Hydrangea macrophylla"

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

macrophylla Kategorie:Blomme Kategorie:Tuinplante