Die vaasplant of Aechmea fasciata is ’n soort blomplant in die pynappelfamilie Bromeliaceae en is endemies aan Brasilië. Dié plant is seker die bekendste voorbeeld van die genus en word dikwels as ’n huisplant geplant.
Eienskappe Die vaasplant groei stadig en word 30-90 cm hoog en 60 cm breed. Dit het ovaalvormige blare van 45-90 cm lank wat in ’n rosetpatroon gerangskik is. In die middel van die roset is die bloeias, waaraan die werklike blomme gedra word, gewoonlik in die somer.Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992.
A. fasciata het gedeeltelike skadu en goed gedreineerde maar waterhoudende grond nodig, en dit moet taamlik nat gehou word. Dit kan ook as ’n lugplant gegroei word, byvoorbeeld met mos om die wortels en vasgemaak aan ’n growwe stuk bas. Uitloopsels kan uitgeplant word nadat die oorspronklike plant dood is.
Probleme Wortelskimmel kan ’n probleem wees as die grond te nat is. Plantluise en muskiete broei soms in die water wat tussen die blare vasgevang is.
A. fasciata word in die FDA se Giftige Plantdatabasis aangegee as irriterend vir die vel en kan ’n allergie veroorsaak.
Kultivars Aechmea 'Aton' Aechmea 'Auslese' Aechmea 'Chantata' Aechmea 'Charles Hodgson' Aechmea 'Checkers' Aechmea 'Club Maurice' Aechmea 'Cosmic Starburst' Aechmea 'DeLeon' Aechmea 'Dennis B.' Aechmea 'Donna Marie' Aechmea 'Fascidata' Aechmea 'Fascini' Aechmea 'Friederike' Aechmea 'Frost' Aechmea 'Fulgo-Fasciata' Aechmea 'Henrietta' Aechmea 'Ivory' Aechmea 'Julie Sewell' Aechmea 'Kiwi' Aechmea 'Leucadia' Aechmea 'Margarita L.' |Aechmea 'Mona' Aechmea 'Morgana' Aechmea 'Pink Fantasy' Aechmea 'Pink Rocket' Aechmea 'Primera' Aechmea 'Purple Velvet' Aechmea 'Red Rocket' Aechmea 'Silver King' Aechmea 'Smoothie' Aechmea 'Starbrite' Aechmea 'White Head' xAndrolaechmea 'Crateriformis' xBillmea 'Rangitoto' xCanmea 'Wild Tiger' xNeomea 'Fascidorffii' xNeomea 'Pink Cascade' xNidumea 'Angellina' xNidumea 'Midnight' xNidumea 'Superstar' xQuesmea 'Facsimile'
Verwysings
Bromeliaceae Da Mata Atlântica Brasileira URL besoek op 22 Oktober 2009 BSI Cultivar Registry URL besoek op 11 Oktober 2009
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Flora van Brasilië Kategorie:Blomme Kategorie:Huisplante Kategorie:Tuinplante