Aglaonema is ’n genus blomplante in die aronskelkfamilie, Araceae. Daar is omtrent 50 soorte en hulle is inheems aan tropiese en subtropiese gebiede in Asië en Nieu-Guinee.Kew World Checklist of Selected Plant FamiliesAglaonema. Flora of China. Hulle is in Engels ook bekend as Chinese evergreens.Chen, J., et al. Cultural Guidelines for Commercial Production of Interiorscape Aglaonema. ENH957. Environmental Horticulture. Florida Cooperative Extension Service. University of Florida IFAS. 2003.
Eienskappe Aglaonemas is immergroen, meerjarige kruieplante met stamme wat regop groei of kruip. Stamme wat grondlangs groei, kan by die nodusse uitloop. Daar is gewoonlik ’n kroon van wye blaarskywe wat in wilde spesies dikwels onreëlmatig silwer en groen gekleur is. Die eenslagtige blomme word in ’n blomskede gedra, met ’n kort sone van vroulike blomme naby die basis en ’n breër sone manlike blomme nader aan die punt. Die vrug is ’n vlesige bessie wat rooi word as dit ryp is.
Aglaonemas word al eeue lank in Asië gegroei as ’n ornamentele plant wat geluk bring. Hulle is in 1885 aan die westerse wêreld bekend gestel.Chen, J., et al. (2004). Genetic relationships of Aglaonema species and cultivars inferred from AFLP markers. Annals of Botany 93(2), 157-66. Hulle het nie baie lig nodig nie en is gewilde huisplante. Daar is deesdae verskeie kultivars.
Voortplanting geskied deur verdeling en steggies. Die plant het nat grond nodig en hoewel sommige kultivars ’n bietjie kunsmis nodig het, kan hulle maklik beskadig word met te veel.
Probleme Die plant hou nie van koue nie en skade kan by 15 ºC begin intree.Chen, J., et al. Chilling Injury in Tropical Foliage Plants: II. Aglaonema. ENH843. Environmental Horticulture. Florida Cooperative Extension Service. University of Florida IFAS. 2001. Donker kolle wat olierig lyk, kan op die blare voorkom of die blare kan vergeel. Sommige kultivars is ontwikkel wat kouer temperature kan weerstaan.
Wolluise kan voorkom in die oksels van die blare en dopluise aan die stingels en die onderkant van die blare.Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992.
Aglaonemas is giftig weens kalsiumoksalaatkristalle. As dit ingesluk word, kan dit die slymvlies irriteer en die sap kan ’n pynlike veluitslag veroorsaak.Toxic Plants. "Safe and Poisonous Garden Plants. Agriculture and Natural Resources." Universiteit van Kalifornië
Spesies Die genus het 26 spesies:
Aglaonema birmanicum Hook.f. Aglaonema brevispathum (Engl.) Engl. Aglaonema chermsiriwattanae Sookch. Aglaonema cochinchinense Engl. Aglaonema commutatum Schott Aglaonema cordifolium Engl. Aglaonema costatum N.E.Br. Aglaonema densinervium Engl. Aglaonema flemingianum A.Hay Aglaonema hookerianum Schott Aglaonema manabendrae D.K.Roy, Odyuo, Lytan & A.A.Mao Aglaonema marantifolium Blume Aglaonema modestum Schott ex Engl. Aglaonema nebulosum N.E.Br. Aglaonema nicobaricum Hook.f. Aglaonema nitidum (Jack) Kunth Aglaonema ovatum Engl. Aglaonema philippinense Engl. Aglaonema pictum (Roxb.) Kunth Aglaonema pumilum Hook.f. Aglaonema robeleynii (Van Geert) Pitcher & Manda Aglaonema rotundum N.E.Br. Aglaonema simplex Blume Aglaonema tassae Tag & Nangkar Aglaonema tricolor Jervis Aglaonema vittatum Ridl. ex Engl.
Verwysings
Eksterne skakels Die genus Aglaonema. aroid.org "Aglaonema – The Queen of Leaves"
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Huisplante Kategorie:Sierplante