Petra Müller (27 Julie 1935 - 25 Junie 2021) was ’n joernalis, uitgewer en Afrikaanse digter en skrywer. Die Hertzogprys is aan haar toegeken vir haar poësie.

Lewe en werk Petronella Helena Müller is op 27 Julie 1935 op Botrivier gebore as een van vyf kinders van Hermanus Barend Müller en Anna Susanna Dippenaar. Sy het drie broers, Manie, Kobus en Nico, en ’n suster, Elsa. Haar broer Nico is as jong man van 22 jaar dood nadat hy verdrink het, wat die dryfveer was agter haar toewyding aan die digkuns. Haar vader se mense was volstruisboere en hy was ’n berede polisieman. Wanneer sy tien is, verhuis die gesin na Swellendam, waar haar vader later uit die polisie tree en die plaas Eenzaamheid onder die Langeberge koop. Die ouers is albei bedrewe storievertellers en stimuleer so die jong Petra om ook haar eie stories te skep. Sy matrikuleer in 1951 in Swellendam aan die plaaslike hoërskool en werk daarna ’n jaar lank as klerk by Nasionale Pers. Hierna studeer sy vanaf 1953 aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal in 1955 ’n B.A.-graad met Afrikaans-Nederlands en Engels as hoofvakke. Sy werk dan as joernalis byna drie jaar by Die Burger.

In 1958 trou sy met Wilhelm Grütter, ook joernalis, en uit die huwelik word drie seuns gebore, Anton, Herman en Philip. As getroude vrou moet sy noodgedwonge by Nasionale Pers as verslaggeefster uittree, omdat dit ’n personeelreëling is in daardie tyd. Sy maak dus die kinders groot as tuisteskepper en skryf ontspanningsverhale onder die skuilnaam Magriet Smalberger. Die gesin bly eers in Tamboerskloof in ’n woonstel waarna hulle die huis Vlagmanshoogte hoog teen die hange van Tafelberg laat bou.

Wanneer die kinders groot genoeg is, begin sy in 1969 weer werk, hierdie keer as verhaalredaktrise by Sarie, ’n pos wat sy sowat tien jaar lank beklee. In 1980 word die Eugène Maraisprys aan haar toegeken vir Patria. Van 1980 tot 1989 is sy redaksielid by Tafelberg-Uitgewers, waar sy keuring doen en veral werk met die ontwikkeling van jong skrywers.

Sy skaf vir haar ’n klein plasie, Waterval in die Piketberg-omgewing aan, waar sy rustig met die natuur kan omgaan – belewenisse wat ook in haar digkuns neerslag vind. ’n Verwoestende brand rig in Januarie 1984 groot skade aan op hierdie plaas en vernietig ook die woonhuise, ’n gebeurtenis wat inspirerend is vir haar digbundel “My plek se naam is Waterval”.

Vanaf 1989 lê sy haar toe op haar eie skryfwerk, hoewel sy steeds as vryskutkeurder vir verskeie uitgewers werk. Sy skryf kortstories, kinderboeke en gedigte. Haar digbundel Die Aandag Van Jou Oë (2002) het haar bekend gemaak, en in 2005 word die Hertzogprys vir poësie aan haar toegeken.

Na die dood van haar man in 2001 koop sy ook ’n huis naby haar familie op Swellendam, waar sy merendeels bly wanneer sy nie in Kaapstad is nie. In 2006 betrek sy ’n woonstel in Vredehoek in Kaapstad, by Lamenier Village van die Nazareth-klooster se hospitaal.

Sy neem in 2013 deel aan die Dansende Digtersfees wat in Mei op die Spier-landgoed buite Stellenbosch gehou word as ’n gesamentlike projek tussen Spier en die Pirogue-kollektief, ’n verlengstuk van die Gorée-Instituut in Senegal. Sy tree hier op saam met Breyten Breytenbach, Antjie Krog en Marlene van Niekerk, en digters van lande soos China, Amerika, Suid-Korea, Duitsland, Nederland, Slowenië en Israel.

Skryfwerk Sy skryf kortstories, kinderboeke en gedigte. Haar digbundel Die Aandag Van Jou Oë (2002) het haar bekend gemaak. In 1980 word die Eugène Maraisprys aan haar toegeken vir Patria en in 2005 word die Hertzogprys vir poësie aan haar toegeken. Hoewel sy hoofsaaklik onder haar nooiensnaam Petra Müller skryf, publiseer sy ook onder haar getroude naam, Petra Grütter.

Poësie Haar ouers se stories stimuleer haar om reeds as kind sprokies, raaisels en fantasieë te vertel. Op tienjarige ouderdom word ’n storie van haar in Die Jongspan gepubliseer. Die verdrinking van haar broer Nico in November 1961 is vir haar die aansporing om te begin dig om die hartseer te verwerk. In die aanloop tot haar eerste bundel stuur sy sommige van hierdie gedigte (in Afrikaans en Engels) na Contrast vir publikasie en publiseer ook later in Tydskrif vir Letterkunde en Standpunte. Haar eerste digbundel isBrink, André P. “Rapport” 5 Februarie 1978 “Obool”. Die titel verwys naCloete, T.T. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 18 no. 2, Junie 1978 die muntstukkie wat familielede in die Griekse mitologie onder Cloete, T.T. “Tydskrif vir Letterkunde” Nuwe reeks 17 no. 2, Mei 1979die tong van die oorledene geplaas het as reisgeld vir die bootsman Charon wat die siel oor die Styx-rivier na die Onderwêreld moes voer.Van Zyl, Dorothea “Beeld” 2 Oktober 1978 Die gedigte in die bundel staan dus in die teken van die tydelike en nietige wat oorbrug wil word om na ’n meer blywende staat oor te gaan. Hierdie versugting kom in uiting in die elegiese aanroep van gestorwenes, pogings om lewe en dood te versoen, asook mens en aarde, alles in ’n poging om heiligheid te verwerf. Die bundel word in sewe afdelings verdeel. Die eerste afdeling, wat ook die titel “Obool” dra, bevat gedigte oor die dood. Die openingsgedig is “Nico”, ’n elegie aan haar gestorwe broer. “Halfpad” gee die bootreis saam met Charon weer. Die afdeling “Saad” verteenwoordig die teenoorgestelde van dood met sy lewegewende krag. “Kind” bevat gedigte oor en vir die kind, met “Die kind” wat getuig van onafhanklikheid en ontdekkingsdrif, terwyl “Onwaarheid” die kind gerusstel oor die werklike bedreiging van die wilde diere. “Oggend op die vlakte” is die aangrypende weergawe van die verkragting en moord op ’n klein dogtertjie, wat veral tref deur sy sobere suggestie. Die afdeling “Profeet” bevat gedigte oor Bybelse en ander historiese figure. “Landslied” se gedigte gaan oor die vestiging aan die Kaap en ander vaderlandse verse, terwyl “The world at war” die gruwele van die Tweede Wêreldoorlog beskryf. In “Pelikane oor die oorlogstad” sien die spreker hierdie voëls eers as bomwerpers aan en spreek die vers van hoe die menslike verwoesting die natuur vervreem het. Die bundel sluit af met die afdeling “Klein begin”, waarin twee gedigte oor die Skepping opgeneem is.

Die opvolgbundel isBrink, André P. “Rapport” 5 Oktober 1980 “Patria”, waar die titel die vaderland aanduiBrink, André P. “Tweede Voorlopige Rapport” Human & Rousseau Kaapstad Pretoria Johannesburg

Eerste uitgawe 1980 en ook die digter se eie naam (Petra) en ervaringswêreld of persoonlike vaderland suggereer.Cloete, T.T. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 20 no. 2, Junie 1980Die temas van die gedigte wentel dan ook rondom verse oor die land (en ander lande), persoonlike ervarings en soeke na perspektief en oor die digkuns en die tuiste wat ’n gedig bied. Deur verkenning van die siklus van geboorteCoetzee, A.J. “Standpunte” Nuwe reeks 151, Februarie 1981 tot dood (waarna mens weer deel word van die aarde) en die noue verbintenis wat hierdie siklus met die natuur het, word hierdie gedigte almal met verwysing na die aarde of vaderland verbind.Snyman, Henning “Beeld” 7 Julie 1980 Die bundel word in vier afdelings verdeel.Viljoen, Hein “Tydskrif vir Letterkunde” Nuwe reeks 18 no. 3, Augustus 1980 Die eerste is “Fokus”, met gedigte oor strooptogte van verskillende aard, uitgevoer deur Inkas, Vikings en die alchemiste. Die afdeling “Patria” bevat verskillende temas en motiewe. Die persoonlike wissel van die gedagtes van die verwagtende vrou in “April voor my geboorte”, herinneringe aan die impak van ’n ouma in “Watter boom se bitter wortel”, kindermites en drome in “Krismisprente” en “Terug uit Bisantium” en die ouer vrou se jeugherinneringe in “Die Witsand”. Alledaagse dinge is oënskynlik die tema van “Gesprek met ’n oogarts”, maar hier bevind die spreker haar eers in die posisie dat sy glad nie kan sien wat die oogarts na kyk nie en dit net kan verbeel, wat daartoe lei dat sy haarself in ’n kosmiese gedaante sien en bewus raak van God, waarna die werklikheid en tyd weer die plek van die oneindige inneem. Die verhouding tussen ouer en kind word mooi saamgevat in die weergawe van die kinderspeletjies (“Laat-aand”) en die swerftogte van ouer kinders (“Brief aan ’n bekende”). “Kinderkonsert” handel oor die kinders se uitbeelding van die aankondiging aan Maria dat sy aan Christus geboorte sal skenk. Die kinders is nog onhandig en die ironiese woorde van die engel aan die einde het nie slegs betrekking op Jesus nie, maar ook op die kinders, wat self “groot en magtig” sal word en die naïewe kindwees sal ontgroei. “Skaatsplankryer” gee ’n mooi uitbeelding van die seun wat genoeg spoed teen die afdraand optel om hom soos ’n windswael van die aarde se swaartekrag te bevry. Daar is ook ’n afdeling met reisgedigte (“Reis”), wat die mense se verbondenheid tot ander vaderlande weerspieël. Hierin is ook ’n paar Christus-gedigte soos die drieluik oor “Visbraai by Tiberias” en “Lasarus” se ervaring na sy opwekking uit die dode. Die laaste afdeling is “Brood op die water”, met die titelgedig wat die versugtinge van Moses se moeder vir haar kind beskryf. In die gedigte waarin sy werk met persoonlike perspektief gebruik sy op indrukwekkende wyse haar eienaam (Petra – wat klip beteken) as vroulik van Petrus om sodoende ekstra dimensie aan die reeks Petrus-gedigte in die bundel te verleen. Die gedig “Stad Petra, in Jordanië” lê weer die teenstelling tussen Petra (persoonlike fokus) en Patria (die fokus op vaderland), ’n dubbelfokus wat regdeur die bundel loop. T.T. CloeteTydskrif vir Geesteswetenskappe Junie 1980 noem “Patria” “’n bundel van voortreflike, glansende gedigte”. “Patria” word in 1980 met die Eugène Marais-prys bekroon.

“Liedere van land en see”Brink, André P. “Rapport” 16 Desember 1984 is ’n dig gekomponeerde bundel, met die titel wat reeds die vastigheid Cloete, T.T. “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 24 no. 4, November 1986en vloeibaarheid van die lewe beklemtoon. Beide die land en see is egter ook simbole van die mens se reis en beweging.Gilfillan, F.R. “Die Burger” 24 Januarie 1985 Die gedigte wys gedurig heen en terug na mekaar.Grové, A.P. “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 25 no. 3, September 1985 Deur hierdie skakels word die huidige verbind met die Griekse, Egiptiese, Bybelse en prehistoriese mitologie en religie. Die soeke van Odysseus na Ithaca (sy tuiste waar hy vrede en rus kan vind) word simbool van die mens se soeke na ’n holte vir die voet, iewers tussen land en see waar die droomland is. “Vir Eraine, wat sing terwyl sy skilder” is ’n hoogtepunt, met die lied wat soomloos uit die skildery uitvloei en een kunssoort in ’n ander transponeer. “Op sy branderplank” is ’n uitbeelding van ’n lewenslustige seun wat op sy branderplank strand toe beur. Wanneer hy op die strand kom spoeg hy die seewater uit, net soos die Grieks- mitologiese Glaukus dit gedoen het, waarmee die gedig aansluit by die mitologiese. Nou word die seun los van die see, net soos sy voorgeslagte ten spyte van hulle seereise steeds gebonde was aan die land. Die Bybelse verse sluit in “Hy trek Hom dit aan”, waar Christus sy mensheid aantrek en daaraan gewoond raak en “Pilatus skryf aan ’n vriend”, waar Pilatus se emosionele trauma na Jesus se kruisiging voortduur, ten spyte van die skyn van normaliteit wat hy probeer handhaaf. Die “Here-maak-tuin” reeks verse se aardsheid sluit aan by die “Klipwerk”-reeks van N.P. van Wyk Louw, terwyl veral die Odysseus en Glaukus-figure aansluiting vind by die werke van D.J. Opperman se “Komas uit ’n bamboesstok”. Die algemene toonaard van die bundel is nou strakker en soberder van aard.