Die Toyota Land Cruiser (Japannees: トヨタランドクルーザー Toyota Rando-kurūzā) is 'n reeks van viertrekvoertuie wat sedert 1951 deur die Japannese motorvervaardiger Toyota geproduseer en bemark word. Dit is Toyota se oudste reeks. Produksie van die eerste geslag Land Cruiser het in 1951 begin (met slegs 90 eenhede) as Toyota se weergawe van 'n Jeep-tipe voertuig. Die Land Cruiser is in omskepbare-, hardekap-, stasiewa-, en nutsvragmotorweergawes geproduseer.
Die Land Cruiser se betroubaarheid en lang lewe het tot sy groot gewildheid gelei, veral in Australië waar dit die besverkoper bak-op-raam vierwieldryfvoertuig is. Toyota het die Land Cruiser ook omvattend getoets in die Australiese Outback - beskou om een van die moeilikste bedryfsomgewings te wees, beide weens uiterste temperature en geharde omgewing. Die Land Cruiser se teenstanders sluit die Range Rover, Land Rover Discovery, Jeep Wrangler, Mitsubishi Pajero en Nissan Patrol in. Sedert 2014 is die Toyota Land Cruiser J200 op wêreldwye markte beskikbaar, behalwe Kanada, Noord- en Suid-Korea.
Verwysings
Land Cruiser