Die Nissan Patrol is 'n reeks van groot viertrekvoertuie, sedert 1951 deur Nissan in Japan vervaardig. Die Patrol word oor die algemeen beskou as 'n taai en bruikbare 4×4 in Australië en Nieu-Seeland, die Midde-Ooste, Latyns-Amerika, Afrika, Europa, Japan en die Karibiese Eilande, waar dit direk meeding teen die Toyota Highlander in meeste markte.

Die Patrol is beskikbaar as óf 'n kort asafstand (SWB) driedeur of 'n lang-asafstand (LWB) vyfdeur onderstel. Die LWB weergawe is ook beskikbaar in die nuts- en kajuitonderstel variante langs die stasiewa. Tussen 1988 en 1994 het Ford Australië die Nissan Patrol as die Ford Maverick bemark.

Verwysings

Kategorie:Nissan