Die Hyundai Motormaatskappy is 'n multinasionale motorvervaardiger met sy hoofkwartier in Seoel, Suid-Korea. Die maatskappy is in 1967 gestig en vorm saam met sy filiaal van 32.8%, Kia Motors, die Hyundai Motorgroep, wat die wêreld se vyfde grootste motorvervaardiger is gebaseer op jaarlikse voertuigverkope in 2012. Sedert 2008 word Hyundai Motors (sonder Kia) beskou as die wêreld se agtste grootste motorvervaardiger. Hyundai het in die 2012-jaar meer as 4,4 miljoen voertuie wêreldwyd verkoop, hulle totale verkope saam met Kia was 7,12 miljoen.

duimnael|regs|240px|Hyundai Elantra duimnael|links|220px|Hyundai Nexo duimnael|links|220px|2021 Hyundai Prophecy

Hyundai is tans die vierde grootste motorvervaardiger ter wêreld. Hyundai bedryf die wêreld se grootste geïntegreerde motorvervaardigingsfasiliteit in Ulsan, Suid-Korea, wat 'n jaarlikse produksiekapasiteit van 1,6 miljoen eenhede het. Die maatskappy het ongeveer 75 000 werknemers wêreldwyd in diens. Hyundaivoertuie word in 193 lande deur meer as 6 000 handelaars en vertoonlokale bemark.

Bekende Hyundaimodelle in Suid-Afrika is/was: Hyundai Accent Hyundai Atos Hyundai Elantra Hyundai Santa Fe Hyundai Sonata Hyundai i10 Hyundai ix35 Hyundai Tiburon Hyundai Tucson

Verwysings