duimnael|'n USB-prop

Hierdie artikel handel oor die rekenaarstamlyn. Sien USB (dubbelsinnig) vir ander gebruike.

USB (afkorting vir Universele Seriële Bus of universele seriebus;Kuberwoordeboek - Cyber Dictionary. 2006. s.v. "USB (universal serial bus)". 1ste uitgawe, 1ste druk. Pretoria: Protea Boekhuis, pp. 219 & 506. Engels: Universal Serial Bus) is 'n standaard vir die aansluiting van randapparatuur op rekenaars. Dit vervang die stadiger parallelle en serie-poorte, hoofsaaklik omdat die spoed van data-oordrag met USB soveel groter is. Die standaard is deur Intel uitgevind en hulle het protokolweergawe 1.0 in 1996 bekendgestel. Met behulp van die gestandaardiseerde USB-poort kon vervaardigers produkte maak wat met beide die standaard persoonlike rekenaar en Apple Macintosh versoenbaar is. Behalwe randapparatuur vir rekenaars word verskillende tipes mikrobeheerders van 'n USB-poort voorsien, byvoorbeeld om hul toepassing binne rekenaars en ingebedde stelsels te vereenvoudig.

'n Bykomende voordeel van USB is dat dit kragtoevoer aan die ingepropte randapparatuur kan verskaf. USB-toerusting kan ook gekoppel en ontkoppel word sonder om die rekenaar te herlaai.

FireWire is 'n alternatief vir USB. Dit is veral geskik is vir die koppeling van toerusting wat hoë bandwydte vereis, soos eksterne hardeskywe en videokameras.

Weergawegeskiedenis +UitreiknaamUitreikdatumMaksimum oordragkoersNotaUSB 0.8Desember 1994USB 0.9April 1995USB 0.99Augustus 1995USB 1.0-RCNovember 1995USB 1.0Januarie 1996Vol Spoed (12 Mbis/s)USB 1.1Augustus 1998Vol Spoed (12 Mbis/s)USB 2.0April 2000Hoë spoed (480 Mbis/s)USB 3.0November 2008Superspoed (5 Gbis/s)USB 3.1Julie 2013Superspoed+ (10 Gbis/s)USB 3.2September 2017Superspoed+ (20 Gbis/s)

Verbindingtipes senter|omraam|Vergelyking van USB-verbindings

Sien ook Rekenaarbus

Bronne

Verwysings

Eksterne skakels https://www.cablestogo.com/learning/connector-guides/usb

Kategorie:Hardeware Kategorie:Rekenaarterminologie