duimnael|'n Rekenaarmuis duimnael|'n Sleutelbord duimnael|'n Eksterne hardeskyf
By 'n rekenaar is randapparatuur die hardeware wat nie deel van die rekenaarkas of skootrekenaar is nie, maar ekstern gebruik word om die funksionaliteit van die rekenaar uit te brei. Randapparatuur word gebruik om inligting aan die rekenaar te verskaf (toevoer) of van die rekenaar te kry (afvoer). Eksterne toestelle wat vir berging of tweerigtingkommunikasie gebruik word, kan gesien word as 'n kombinasie van hierdie toevoer- en afvoerfunksionaliteit. Randapparatuur word aan die rekenaar gekoppel met 'n kabel of radiotegnologie soos Bluetooth.
Voorbeelde van randapparatuur: Toevoer Sleutelbord Rekenaarmuis Skandeerder Digitale kamera Mikrofoon Afvoer Monitor Dataprojektor Drukker Plotter Luidspreker Berging Eksterne hardeskyf Laserskyf-leser/skrywer Slapskyf-leser/skrywer USB-stokkies Dataoordrag Modem
Kategorie:Hardeware