Die Nissan Qashqai is 'n kompakte oorkruissportnutsvoertuig wat sedert 2006 deur die Japannese motorvervaardiger Nissan vervaardig word. Die eerste geslag Qashqai is onder die naam Nissan Dualis in Japan en Australië verkoop. Dit is nou in sy tweede geslag wat in 2014 vrygestel is, die nuwe model is net bekend as Qashqai. Nissan het die motor vernoem na die Qashqai (uitgespreek [qaʃqaːʔiː]), 'n semi-nomadiese stam wat in die bergagtige Suidwes-Iran woon.

Die oorspronklike Qashqai het die Mistral/Terrano II veldvoertuig vervang as Nissan se SNV, en sy P32L motorplatform sal ook gebruik word vir 'n nuwe geslag Nissan oorkruis SNVs.

Qashqai