Rudolf Johannes van Niekerk (22 Februarie 1929 - 31 Desember 2022) was ’n voormalige direkteur van Landbou-inligting in die Departement van Landbou en ’n Afrikaanse skrywer, digter en dramaturg, wat as deelnemer aan die Sestiger-beweging vernuwing in die Afrikaanse prosa bring.

Lewe en werk Van Niekerk is op 22 Februarie 1929 in Edenburg gebore. Sy ma, Bettie, is skaars ’n maand na sy geboorte oorlede en sy pa, die kleremaker Rudolf Johannes, trou weer later. Sy halfsuster wat uit hierdie huwelik gebore is, Maria, is op tweejarige ouderdom oorlede. Hy matrikuleer in 1946 aan die Hoërskool Edenburg. In 1949 behaal hy ’n B.A.-graad aan die Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat en later ’n honneursgraad in Wysbegeerte aan Unisa. In die jare 1950 tot 1956 is hy omroeper en regisseur by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie in Johannesburg en Kaapstad, terwyl hy deeltyds verder studeer. In 1954 behaal hy die B.A. Honneurs-graad in Wysbegeerte met lof aan die Universiteit van Suid-Afrika. Met die stigting van die Departement van Landbou se radiodiens Landbouradio in 1957 word hy radiobeampte en later hoof van hierdie departement se radiodiens. Sy belangstelling in wedvlugduiwe lei later tot die skryf van die boek “Skrik kom huis toe” en hy is ook verantwoordelik vir die duiwerubriek wat in die sestigerjare deur die SAUK uitgesaai is.

In 1967 verwerf hy ’n M.A.-graad in Wysbegeerte met lof aan die Universiteit van Pretoria met ’n verhandeling oor “Vryheid as fundamenteel-eksistensiële prinsipe in ‘Aantekeningen uit het ondergrondse' van F.M. Dostojefski”. In 1978 word hy direkteur van die Direktoraat Landbou-inligting – ’n pos wat hy tot met sy aftrede in 1994 beklee.Biografiese inligting op nb.co.za , besoek op 16 Januarie 2015”. In 1969 word hy bevorder tot assistent-direkteur in die afdeling Landbou-inligting van die Departement van Landbou en in 1972 tot adjunk-direkteur. Sy studies word afgerond toe hy in 1982 ’n Ph.D.-graad in Wysbegeerte aan die Universiteit van Pretoria verwerf op grond van ’n proefskrif oor “Bewaring as sedelike prinsipe in die Suid-Afrikaanse bodembenuttingsituasie: ’n Kultuurfilosofiese studie”. By drie geleenthede word hy deur sy departement na die buiteland gestuur om ’n studie te maak van kommunikasiedienste binne landbouverband. Van sy vakkundige artikels word in tydskrifte soos Conserva gepubliseer.

Na aftrede is hy per geleentheid ’n aanbieder by die Eenheid vir Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Pretoria se Winterskool vir beginner- en gevorderde skrywers en hy neem ook deel aan die Boekjol by die Universiteit van Pretoria en die Versindaba in Stellenbosch. Hy is twee keer geskei voordat hy in 1967 met Susan trou. Hy het vyf kinders en woon in Murrayfield in Pretoria.

Skryfwerk Inleiding Hoewel Dolf van Niekerk buite die letterkundige binnekring beweeg, word hy as een van die Sestigers gereken wat betekenisvolle verandering in ons prosa teweeg gebring het. Hy is by uitstek die skrywer wat die buitestaanderfiguur in Afrikaans teken en selfs sy jeugboeke fokus op sulke figure. Hy begin reeds op skool en universiteit skryf en debuteer in 1953 met gedigte in die tydskrif Standpunte, terwyl daar later ook gedigte van hom in Die Brandwag en Tydskrif vir Letterkunde verskyn. In hierdie vroeë tyd verskyn ook die vervolgverhaal “Erfgename van Libertas” in Die Huisvrou. Terwyl hy deeltyds studeer en as omroeper werk, skryf hy hoorspele, hoorbeelde en radiovervolgverhale. Van sy bekendste radiovervolgverhale is “Die man met ’n blaar in sy hand”, “Voëls op takke”, “Cicero word getem”, “Die rebelle van Gannavlei” en “Die eerste burger van Gannavlei”. Hy skryf later ook die vervolgverhaal “Tempelhof”, wat in 1996 oor Radio Sonder Grense uitgesaai word en die grond en omgewing as tema het. Die jong, onervare François en Anina du Toit op hul erfplaas in die Vrystaat is die hoofkarakters. Die drama beeld ook die omgee en saamstaan van Ficksburg se gemeenskap uit en die lang pad van ontbering wat die moderne boer moet loop om die foute van vroeëre onkundigheid reg te stel.

Romans en novelles Sy eerste roman, “Gannavlei”, word op sy radiovervolgverhale “Die rebelle van Gannavlei” en “Die eerste burger van Gannavlei” gebaseer en in 1958 gepubliseer. Dit is die verhaal van die lief en leed van eenvoudige mense op ’n klein plattelandse dorpie. Reeds in “Gannavlei” is die twee hoofkarakters (Dawid en Duif) deur hulle asosiale gedrag buitestaanders, al val hierdie roman nog met sy romantiese toonaard, kleindorpse milieu en oordrewe beeldgebruik binne die kader van die ouer prosa. Die uitbeelding van die buitestaanders bring egter ’n mate van vernuwing in die tradisie van die kleindorpse vertelling. Die gelyktydige ontwikkeling van verskeie uiteenlopende motiewe gee ’n episodiese bou aan die roman, terwyl die verwisseling van die verteller vanaf die ongekwalifiseerde “ons”, later een van die dorpsgenote en nog later ’n aktiewe karakter nie strook met die regstreekse aanbieding van Dawid en Duif se binnegedagtes nie.

“Die son struikel”Antonissen, Rob “Standpunte” Nuwe reeks 34, April 1961 word gereeld aan skole en op universiteit voorgeskryf. Hierdie novelle behandel die trauma van oorlog (die Rebellie van 1914 tot met die geweld tydens die Randse mynwerkerstaking van 1922) op ’n buitestaander-figuur.Venter, L.S. “Beeld” 5 Maart 2001 Die styl van die roman is in kort, staccato-agtige sinne wat in die bewussynstroomtegniek die gevoelens en innerlike lewe van die hoofkarakter, Diederik Versveld, weerspieël. Hy is ’n volslae outsider wat geen plek het op aarde nie en sy lewe in angs en eensaamheid deurbring. As baie jong seun is sy ouers in die Anglo-Boereoorlog dood en hy word in afsondering deur sy ouer broer groot gemaak, maar met sy broer se dood word hy alleen die wêreld ingestoot, op soek na ’n eie identiteit en ’n plek om te behoort. Hy worstel dan in sy onvolwassenheid en eensaamheid met die kernvrae van die lewe, soos wie God is en wat die sin van die lewe is. So word hy ’n simbool van die groter onafgerondheid en onvolwassenheid van die mensdom en verkry sy worsteling universele betekenis as uitbeelding van die enkeling se stryd teen kragte en situasies wat hy nie verstaan nie en wat sterker is as hy. Die omringende karakters is verteenwoordigend van die magte van die kerk, staat en volk, wat as die bedreigende “hulle” deurentyd op die periferie aanwesig is. Die “hulle” propageer rebellie en staking en gee op hierdie wyse die historiese werklikheid aan die novelle, terwyl Diederik in sy volkome afwysing van hierdie magte en onttrekking in homself die sin van die geskiedenis ontken, opnuut gebore wil word en in die dood raad met God wil hou. Daarom dat hy vir die omringende karakters kan sê dat hy nie een van hulle is nie en terwyl hy staak, hy nie saam met hulle staak nie. Deur sy volstrekte weiering om mee te doen aan enige aksie is Diederik Versveld die mees konsekwente buitestaander-figuur in die Afrikaanse letterkunde. Met hierdie roman lewer Van Niekerk ’n wesenlike bydrae tot die vernuwing wat Sestig in ons prosakuns gebring het.

“Die moeder”Antonissen, Rob “Standpunte” Nuwe reeks 66, Augustus 1966 skets ’n groepie oorlewendes na ’n kernontploffing wat in ’n toegesluite kompartement verkeer.Antonissen, Rob “Spitsberaad” Nasou Beperk Elsiesrivier Eerste uitgawe Eerste druk 1966Die tyd is iewers in die toekoms, in die laaste fase van die groot botsing tussen Oos en Wes om Afrika. Die ek-verteller neem bestek op van sy lewe in ’n relaas van gebeure wat deurmekaar die verlede en hede belig en sodoende langsaam die hele prentjie skets. Suiderkruis kan gesien word as die volmaakte kernbom-installasie, ’n soort tweede Ark. Die hoofkarakter was as spioen betrokke in ’n aanval op die leier van die Suiderkruis-organisasie en word daarna deur ’n jong vrou van die teenspioenasie, Maria, in beskerming geneem. By haar verwek hy ’n kind. Sy gaan front toe en hy word as klerk gebruik by Suiderkruis, waarna die kernbom ontplof. Aan die einde sien hy vir Maria op ’n televisieskerm, die vrou by wie hy ’n kind verwek het, met die duidelike simboliek van ’n nuwe Christus wat as verlosser vir die oorgeblewenes gebore gaan word en só hoop bied aan die vervalle mens wat gans verlore blyk te wees.

“Koms van die hyreën”De Vries, Abraham “Die Burger” 21 September 1994 is ’n novelle waarin veral die probleemKannemeyer, J.C. “Op weg na 2000” Tafelberg-Uitgewers Beperk Eerste uitgawe 1998 van grondbesit aangespreek word, met die boer,Kannemeyer, J.C. “Rapport” 16 Oktober 1994 die staat en die oorspronklike Sanbewoners, die Kousops van die Twagroep, wat almal daarop aanspraak maak.Weideman, George “Insig” Desember 1994 / Januarie 1995 Johannes du Plessis kyk magteloos toe hoe sy erfplaas deur die genadelose droogte afgetakel word en dan lê landboubeamptes nog ’n klag teen hom weens oorbeweiding. Hy is noodlottig gebonde aan hierdie stuk grond wat nie meer in sy lewensbehoeftes kan voorsien nie. Dis in hierdie omstandighede wat Kousop sy grond kom opeis, wat sy voorgeslagte na bewering deur onwettige verkwanseling verloor het. Kousop word gearresteer na ’n reeks veediefstalle en Johannes word by sy aankoms by die tronk herinner aan die wandade van sommige Afrikaners tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die droogte word ’n metafoor vir die sondeval, met grond en reën as genadegawes. Wanneer Kousop se moeder sterf, laat Johannes hom toe om die lang nagwaak by die lyk op sy plaas te hou. Op hierdie nag, wat versoening en insig tussen die partye kon bring, kom egter die verwoestende hyreën. Die skrikwekkende donder, blitse en hael bring egter nie verlossing nie, maar is geweld van ’n ander aard, wat ’n gesprek tussen die Afrikaner en die San verydel. Eindelik word die natuur ’n mede-karakter in hierdie boek, waarin daar geen klinkklare antwoorde is nie maar baie om oor na te dink.

Kortprosas Hy skryf ook prosa in korter formaat en publiseer van sy kortverhale in letterkundige tydskrifte soos Tydskrif vir Letterkunde. Die drie verhale (kort novelles) in Cloete, T.T. “Standpunte” Nuwe reeks 49, Oktober 1963“Skepsels” is die titelverhaal, “Bitterbos” en “Jan Fiskaal”. Hierin word karakters beskryf wat as gevolg van mislukking of verlies van een of ander aard ’n onbevredigde lewe lei. Telkens het hulle eie geskiedenis ook ’n bepalende invloed op huidige gebeure. “Bitterbos” se verhaal word opgebou uit suggesties, beelde, simbole en die teenstellings van dinge, sodat hier van ’n fragmentariese en soms selfs surrealistiese effek gebruik gemaak word. Die jongman Erik se bene is gebreklik en hy lewe saam met sy driflose vrou Alet. Sy is verkrag toe sy ’n kind was en hunker steeds na die verkragter, sodat haar lewe en verhoudings ook verydel is. Op vernuftige wyse word mens en dier teenoor mekaar gestel, met die menswêreld wat afgeskyn word op en gestel word teenoor die dierewêreld. Die mens maak dinge onnatuurlik (soos ’n bronsbeeld van ’n perd) en daarom misluk die toenadering tussen man en vrou, terwyl die toenadering tussen die perde in die natuurlike wêreld wel suksesvol is. “Jan Fiskaal” het die staatsamptenaar Stofberg en sy kollegas as onderwerp, waarin hulle vaal werklikheid gekontrasteer word met hulle drome. Stofberg droom groot drome oor sy toekoms en wil tot nadeel van ’n kollega opgang maak maar word ontmasker as ’n ydel en ondoeltreffende mens wie se ondergang feitlik geen impak het nie. “Skepsels” beeld die innerlike stryd uit van ’n man (die wrede Dawid) wat sy donker drange beveg, maar sy wellus lei later tot moord in ’n poging om sy gewete uit te wis. Dawid glo dat hy vir die mishandeling van sy vrou deur die Here gestraf is met hulle kind Magriet, ’n lelike skepsel met gesplete verhemelte en verstandelik vertraag. Toe Magriet haar eie soort liefde vind in samesyn met ’n Italianer, vernietig hy haar om verlos te word van die gedurige herinnering van die vergrype aan sy vrou. “Skepsels” ontvang in 1964 die Eugène Marais-prys.