duimnael|Maria Elizabeth Rothmann, oftewel M.E.R.
Die M.E.R.-prys vir jeuglektuur word toegeken aan publikasies uit die Nasionale Boekhandel-stal. Die toekenning van R5 000 en 'n goue medalje is in 1984 ingestel en is een van die jongste literêre pryse op die gebied van kinder- en jeuglektuur. Dit is na die skrywer Maria Elizabeth Rothmann (1875-1975), oftewel M.E.R. vernoem.M.E.R. is die vrou agter Pers se prys , Die Burger, 16 Februarie 1993
Wenners Die prys is aan die volgende skrywers toegeken:MER-prys op storiewerf.co.za , besoek op 16 Januarie 2015 1984 – Alba Bouwer (Vlieg, swaeltjie, vlieg ver) 1985 – Rona Rupert (Al Everest se voëls) 1986 – Dolf van Niekerk (Die haasvanger) 1988 – Jenny Seed (Place among the stones) 1989 – Linda Rode (sameste.) & Alida Bothma (Illustr.) (Goue fluit, my storie is uit) 1990 – Lawrence Bransby (Down Street) 1992 – Nel Swart (Elk vir mekander) 1993 – Allan Jermieson (The Delmonico Two O Five) 1994 – Elizabeth van der Merwe (Kaljander van die Karoo) Jenny Robson (One magic moment) 1995 – Corlia Fourie (Die towersak) 1996 – Philip de Vos (Moenie 'n mielie kielie nie) 1997 – Jenny Robson (One magic moment) 1998 – Leon de Villiers (Die pro) 1999 – Barrie Hough (Skilpoppe) 2000 – Freda Linde (Eenders en Anders) 2001 – Jan Vermeulen (Geraamtes dra nie klere nie) 2002 – Dianne Hofmeyr (The Waterbearer) 2003 – Jackie Nagtegaal (Daar's vis in die punch) 2004 – Vir kinderliteratuur: Wynand Louw (Mr Humperdinck’s wonderful whatsit) met illustrasies deur Marjorie van Heerden. Vir jeugliteratuur: Anoeschka von Meck (Vaselinetjie) 2006 – Vir kinderlektuur: Marita van der Vyver en Piet Grobler (ill) (Mia se Ma) – Human & Rousseau. Vir jeuglektuur: Fanie Viljoen (Breinbliksem) – Tafelberg 2007 – Beste geïllustreerde kinderboek: Fanie Viljoen (Geraamte in die klas) geïllustreer deur Karl Stephan – Human & Rousseau. Vir jeugboeke: Jenny Robson (Praise Song) – Tafelberg-Uitgewers. 2009 – MER-prys vir jeuglektuur: Derick van der Walt Lien se lankstaanskoene (Tafelberg). Die MER-prys vir kinderlektuur: Mari Grobler, illustrasies deur Elizabeth Pulles Siyolo’s Jersey/Siyolo se trui (Tafelberg). 2014 - Vir die beste jeugroman: Sharp Edges deur S.A. Partridge (Human & Rousseau). Vir die beste geïllustreerde kinderboek: In die land van pamperlang deur Linda Rode en geïllustreer deur Johann Strauss (Human & Rousseau).
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse letterkunde Kategorie:Suid-Afrikaanse letterkundige toekennings