Pegasus Airlines (Turks: Pegasus Hava Taşımacılığı A.Ş.) is 'n laekostelugredery met sy hoofkwartier in die Kurtköygebied van Pendik, Istanboel, Turkye."Headquarters ." Pegasus Airlines. Besoek op 24 November 2012. Dit was voorheen 'n huurvlugredery in vennootskap met Aer Lingus, maar word nou ten volle besit deur ESAS Holdings. duimnael|links|280px|'n Boeing 737-800 van Pegasus Airlines kom in Zürich aan in Augustus 2011. Oorsig Kajuit Pegasus Airlines bedryf 'n eenklas-binnekonfigurasie op al sy vliegtuie. 'n "Vliegkafee" is beskikbaar vir alle passasiers waar voedsel en drinkgoed voorsien word teen 'n bykomende koste. Pegasus oorweeg dit ook om invlugvermaak te installeer met oorfone, teen betaling (tans is slegs oorhoofse skerms op geselekteerde 737-800's beskikbaar en hulle vertoon slegs 'n rekenaargegenereerde kaart wat die vlug se vordering aandui).Pegasus flight academy Pegasus. Alle nuwe Boeing 737-800's wat ná November 2011 aangekom het, het Boeing Sky Interior.

Opleiding en instandhouding Anders as die meeste laekoste-maatskappye, bedryf Pegasus sy eie opleidingsentrum en instandhoudingsorganisasie, Pegasus Technic. Albei sentrums is ten volle gelisensieer en word gebruik om nuwe personeellede sowel op die grond as in die lug op te lei.

Borgskappe Pegasus Airlines was een van die amptelike borge van Nef Stadium, die stadion van Turkish Footbal Club Galatasaray S.K. van 2011 tot 2013.Levent Tüzemen. (24 Mei 2010). Stat Galatasaray'ı uçuracak Sabah. Besoek op 28 Januarie 2014.

Vloot Teen Oktober 2021 het Pegasus Airlines se vloot uit die volgende vliegtuie bestaan:

Vliegtuig In diens Op bestelling PassasiersNotaAirbus A320-2009—180Word uitfaseer en vervang deur A320neo-reeksAirbus A320neo4615 180aflewering tot 2022Airbus A321neo1131186Boeing 737-80022—189Word vervang deur A320neo reeksTotaal8846

Verwysings

Kategorie:Lugrederye