Die Hertz Corporation, 'n filiaal van Hertz Global Holdings Inc is 'n Amerikaanse motorhuurmaatskappy met internasionale sake in 145 lande wêreldwyd. Die maatskappy is gebaseer in Estero, Florida. Hertz is die grootste Amerikaanse motorhuurmaatskappy volgens verkope.Sharon Terlep; Brent Kendall (15 November 2012), "Hertz to Get Approval of Dollar-Thrifty Deal", The Wall Street Journal: B9 Op 7 Mei 2013 is aangekondig dat Hertz sy hoofkwartier sou verskuif na Estero, net buite Fort Myers in die suidweste van Florida.
duimnael|links|Hertz se kantoor in Livonia, Michigan In 1954 het die nuwe korporasie die New Yorkse vragmotorverhuringsmaatskappy, Metropolitan Distributors, gekoop.
In 1967 word die Hertz Corporation 'n volfiliaal van RCA, maar is as 'n aparte entiteit bedryf. In 1985 sluit Hertz aan by UAL Corporation. Op 30 Desember 1987 word Hertz verkoop aan "Park Ridge Corporation", wat destyds aan die Ford Motor Company en lede van Hertz se seniorbestuur behoort het. In 1988 het Volvo North America Corporation in Park Ridge Corporation belê.
Op 8 September 2005 het Ford 'n kennisgewing uitgereik dat Hertz verkoop sou word aan drie privaatekwiteitsmaatskappye. Clayton, Dubilier & Rice, Die Carlyle Group en Merrill Lynch Global Private Equity het Hertz vir VS$ 15 miljard in kontant en skuldverkryging op 22 Desember 2005 verkry. Die privaatekwiteitsgroepe het Hertz aan die publiek begin verhandel op 16 November 2006.
Op 11 Januarie 2010 het Hertz aangekondig dat hy die gebruikte motorhandelaar Britse Car Auctions (BCA) vir 'n onbekende bedrag verkry het.
Hertz het ExpressRent kiosks by 'n aantal plekke in November 2011 bekendgestel. Dit was die eerste grootskaalse motorhuurkiosk ontplooiing in die VSA wat 'n lewendige agentassistent via 'n videogesprek gebruik het.
Op 3 Januarie 2014 is berig dat Hertz se aandele met 2,6% verstewig het na die berigte aankoop van 30-40 miljoen aandele deur die miljardêr Carl Icahn.
Sien ook Avis Rent a Car Budget Rent a Car Europcar
Verwysings
Eksterne skakels
Hertz.com - Amptelike webtuiste
Kategorie:Motorhuurbedryf