Die BMW X3 is 'n kompakte luukse oorkruis SNV wat sedert 2003 deur die Duitse motorvervaardiger BMW vervaardig word op die BMW 3-reeksplatform. Dit is nou in sy tweede geslag en BMW bemark dit as 'n sportaktiwiteitsvoertuig, die maatskappy se eie beskrywing vir sy X-lyn van voertuie. Die eerste geslag X3 is ontwerp deur BMW in samewerking met Magna Steyr van Graz, Oostenryk – wat ook X3s onder kontrak vir BMW vervaardig. BMW vervaardig die tweede generasie X3 in hul Spartanburgaanleg in Suid-Carolina, Verenigde State van Amerika.
X3 Cross Country duimnael|links|330px|'n BMW X3 CC in die Dakar-tydren van 2007
X3