duimnael|280px|links|Die nuutste model Q5 (2017) Die Audi Q5 (Typ 8R) is 'n kompakte luukse oorkruiser wat sedert 2008 deur die Duitse motorvervaardiger Audi vervaardig en bemark word. Die voertuig is tydens die 2008 Beijing Motorskou onthul en later tydens die Los Angeles Motorskou in 2008. Vroeë modelle sluit die 2.0 TFSI quattro (211PS), 2.0 TDI quattro (170PS) en 3.0 TDI quattro in.

Dit maak gebruik van Audi se modulêre lengteplatform wat eerste op die 2007 Audi A5 koepee gebruik is. Die Q5 is kleiner as die Q7, maar groter as die Q3.

Q5-hibried Audi het oorspronklik berig dat hy die Q5-hibried as bekendstellingsmodel sou aanbied, maar later het Audi die plan opgeskort as gevolg van onbevredigende botsingstoetsuitslae vir die nikkelmetaalhidriedbatterye. In 2009 het Audi aangekondig dat hy die Q5-hibried-ontwikkeling sou hervat. Dit bevat 'n batterypak van 266V, 1,3 kWh. Die Q5 het 'n vol-elektriese reikafstand van ongeveer 3 km en 'n maksimum vol-elektriese snelheid van 100 km/h.

Verwysings

Q5