Die Sui-dinastie (581–618 n.C.) was ’n kortstondige Chinese dinastie. Dit het op die Suidelike en Noordelike Dinastieë gevolg nadat keiser Wen van Sui China weer herenig het ná meer as ’n eeu van verdeling tussen Noord en Suid.

Geskiedenis Keisers Wen en Yang van Sui het verskeie gesentraliseerde hervormings ingestel om onder meer ekonomiese ongelykheid uit te wis en landbouproduksie te verhoog. Hulle het ook Boeddhisme deur die ryk versprei en aangemoedig en groot bouprojekte aangepak, onder meer ’n uitbreiding van die Groot Muur en die grawe van die Groot Kanaal.

Ná duur en rampspoedige veldtogte teen die Koreaanse koninkryk Goguryeo is die Chinese in 614 verslaan, en daarna het die staat verbrokkel weens ’n reeks volksopstande. Keiser Yang se ministers het hom in 618 vermoor. Intussen het die aristokraat Li Yuan in die noorde ’n opstand gereël en daarna die troon bestyg as keiser Gaozu van Tang. Dit was die begin van die Tang-dinastie, een van die suksesvolste dinastieë in die Chinese gekiedenis.

Die kort bestaan van die Sui-dinastie (net 37 jaar) word toegeskryf aan die groot eise wat aan die burgers gestel is, onder meer swaar belasting en verpligte arbeid aan die groot bouprojekte.

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Chinese dinastieë