LondenLondon 280px Kaart Wapen (City of London) 180px|senter 75px|senter|raam Vlag (City of London) 90px|senter|raam Land  Land (VK)  Seremoniële graafskappe City of LondonGroter Londen Koördinate  Stigting 50 (as Londinium) Oppervlakte:    - Totaal 1 572 vk km  Hoogte bo seevlak 35 m  Bevolking:    - Totaal (2015) 8 630 000  - Bevolkingsdigtheid 5 490/km²  - Metropolitaanse gebied (2015) 13 879 757 Tydsone UTC ±0 (GMT)  - Somertyd UTC +1 (BST) Klimaat    - Tipe Oseaniese klimaat  - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 10,7 °C www.zum.de: Klimadiagramm Kew bei London  - Gem. temp. Januarie/Julie 4,3 / 17,7 °C  - Gemiddelde jaarlikse neerslae 593 mm Burgemeester Sadiq Khan (Labour) Amptelike Webwerf london.gov.uk

Londen (Engels: London [ˈlʌndən] ) is die hoofstad en grootste stad van Engeland en die Verenigde Koninkryk. Die stad, wat aan die Teemsrivier in die suidooste van Engeland geleë is, is in 50 n.C. deur die Romeine as Londinium gestig en het in die 19de eeu tot die grootste metropool ter wêreld gegroei. As hoofstad van die Britse Ryk het Londen tot enkele dekades gelede 'n beduidende rol as middelpunt van 'n wêreldryk gespeel waaroor "die son nooit ondergaan nie" en fungeer tans nog steeds as die hoofstad van die Britse Statebond (Engels: Commonwealth).

duimnael|links|Die Londense binnestad met die Paleis van Westminster in die voorgrond soos vanaf die Methodist Central Hall gesien duimnael|links|Londenaars lewe in 'n vinnig veranderende metropool... duimnael|links|...maar oral loop die spoke van die verlede... duimnael|links|Die nuwe Londen: wolkekrabbers in Canary Wharf op 'n reënerige dag Vandag het ander metropole ten opsigte van hul bevolkingsgetal lankal by Londen verbygesteek. Desondanks is die stad naas Moskou en Parys een van die drie grootste stedelike sentra in Europa en een van die vernaamste finansiële sentra ter wêreld naas New York en Tokio. Net soos dié twee metropole word Londen as 'n Globale Alfastad (Alpha Global City) geklassifiseer en kan dus aanspraak daarop maak dat dit een van die episentra van die wêreldekonomie is. Klaus Zehner en Gerald Wood (reds.): Großbritannien. Geographien eines europäischen Nachbarn. Heidelberg: Spektrum Akademischer Verlag 2010, bl. 77 Londen genereer sowat 'n vyfde van die Verenigde Koninkryk se bruto nasionale produk. Eeue lank reeds is Londen daarnaas 'n invloedryke sentrum in politiek, kunste en modeontwerp. In 2012 het Londen die eerste stad ter wêreld geword wat drie keer as gasheer van die Olimpiese Somerspele opgetree het.

Londen het vanuit die Teemsrivier gegroei. Die rivier het sy eerste deurgang gevorm, en tydens die verskeie immigrasiegolwe het Italianers, Jode, Hugenote en baie ander nuwe aankomelinge hulle in die East End van Londen, 'n vroeë voorstadgebied met sy tipiese werkersklasbuurte langs die rivieroewer, gevestig. As buitelanders is hulle aanvanklik nie tot die stad toegelaat nie.

Die oorspronklike historiese stadskern of "The City" is vroeër deur 'n stadsmuur beskerm en beslaan net 'n klein oppervlakte van sowat een vierkante myl tussen Tower Bridge en Blackfriars Bridge. "The City" is vandag die finansiële distrik van Londen wat nog steeds deur sy eie burgemeester, die "Lord Mayor" van Londen, geregeer word en om historiese redes ook sy eie polisie-eenheid, die City of London Police, het wat onafhanklik van Groter Londen se Metropolitaanse Polisie bestaan. Die administratiewe setels van Londen is buite die City of London in Southwark (hier het die moderne City Hall ontstaan) en in Londen se stadswyke (boroughs) geleë wat oor hul eie administratiewe liggame beskik, terwyl die Britse regering in Westminster (in die historiese "West End" met sy koninklike paleise) gesetel is.

Die huidige metropool het uit twee onafhanklike middeleeuse stede ontwikkel, die City of London en die City of Westminster (tans die geografiese sentrum van Londen), wat oor die eeue steeds verder uitgebrei het om nedersettings in die omgewing in te sluit en uiteindelik die huidige Groter Londen te vorm. Maar nog in die 19de eeu was daar geen sprake van 'n sentrale stadsregering nie en is die gebied van Groter Londen deur 150 parogieë met altesaam 300 administratiewe liggame bestuur. Die London County Council as eerste plaaslike owerheid vir die stadsgebied is eers in 1889 gevorm.

Die stad is ook nie stelselmatig as koninklike hoofstad beplan nie, en daar is geen statussimbole soos breë lane wat in ander magsentrums soos byvoorbeeld in Parys en Moskou aangelê is nie. Net soos Berlyn bestaan die huidige Groter Londen in werklikheid uit 'n verskeidenheid stadsbuurte wat hul oorsprong in histories selfstandige nedersettings het en tot vandag dikwels hul eie karakter bewaar het, soos Greenwich in die ooste en Richmond in die weste. Die meeste van hulle beskik oor hul eie High Street as historiese hoof- en winkelstraat.

Etimologie "Londen" is 'n antieke naam en vir die eerste keer gebruik in die eerste eeu n.C., hoofsaaklik in Latyn as Londinium. Moderne wetenskaplike ontledings van dié naam moet let op die oorsprong van die verskillende vorme wat in vroeë bronne gevind kan word: Latyn (hoofsaaklik Londinium), Oudengels (hoofsaaklik Lunden) en Wallies (hoofsaaklik Llundein), met verwysing na die bekende ontwikkelings oor die tyd heen van klanke in daardie verskillende tale. Dit word algemeen aanvaar dat hierdie tale die naam van Britonies oorgeneem het; onlangse werk is geneig om die verlore Keltiese vorm van die naam te rekonstrueer as *Londonjon of iets soortgelyks. Dit is in Latyn oorgeneem as Londinium en ook in Oudengels geleen.

Tot in 1889 het die naam "Londen" amptelik verwys na die City of London, maar sedertdien verwys dit ook na die Graafskap Londen en Groter Londen.

Geografie duimnael|links|Die Thames Barrier duimnael|Die heuwellandskap van Noord-Londen: Hampstead Heath duimnael|Uitsig oor die Teems en Sentraal-Londen vanuit Greenwich Die stadsgebied van Londen is in die sogenaamde Londen-bekken geleë en strek oor 45 kilometer langs die bevaarbare benedeloop van die Teemsrivier, met 'n gemiddelde hoogte van 15 meter bo seevlak. Dit word omring deur saggies golwende heuwelland wat 'n maksimale hoogte van sowat 150 m bereik. "The City", aanvanklik 'n klein nedersetting aan die noordoewer en 75 km rivierop van die Teemsmonding geleë, was die historiese groeikern van Londen.

Die grootste gedeelte van Londen is dus noord van die rivier geleë. Tot in 1739 was die Londen-brug die enigste brugverbinding oor die Teems. Eers toe in die 18de eeu meer brûe gebou is en vanaf die 19de eeu ook spoorlyne ontstaan het, het Londen begin om in alle rigtings uit te brei en buurdorpe op te neem. Hierdie proses is deur die plaaslike landskapsvorm bevorder – die stadsgebied bestaan hoofsaaklik uit vlaktes of effens golwende terrein.

Die Teemsrivier was in die verlede duidelik wyer en minder diep. Vandag word sy loop grotendeels deur damme begrens, en die meeste takriviere vloei ondergronds. Die getye van die Noordsee kom hier nog duidelik in, en die seewater wat in die rivier opstoot, hou steeds 'n bedreiging vir Londen in. Om oorstromings en stormvloed te voorkom, is die sogenaamde Thames Barrier in die 1970's naby Woolwich (oos van Greenwich) gebou.

Die geografiese koördinate van die stadsentrum naby Trafalgar Square is die noordelike breedtegraad 51,30 en die westelike lengtegraad 0,08. Die bekende Nulmeridiaan loop deur die Koninklike Sterrewag in Greenwich en dien as die uitgangspunt van die lengtegrade en sodoende ook die tydsones.

Klimaat duimnael|links|Stormwolke oor die middestad duimnael|Teemsrivier naby Canary Wharf op 'n Septemberdag duimnael|Uitsig oor die Teems in Sentraal-Londen, September 2015 Londen het net soos die grootste deel van Suid-Engeland 'n gematigde seeklimaat. Ondanks sy reputasie as 'n reënerige stad ontvang Londen met 611 mm minder jaarlikse neerslae as byvoorbeeld Rome met 834 mm of Bordeaux met 923 mm. Oktober, November en Desember is die natste maande met 'n gemiddelde reënval van 57 mm.

Winters is koel, waarby die kwik dikwels benede vriespunt kan daal. So kom ryp in die voorstede gedurende die tydperk tussen November en Maart sowat twee keer per week voor. Sneeuvalle word tussen vier en vyf keer per jaar aangeteken, veral tussen Desember en Februarie, soms ook so laat as Maart of April. Wintertemperature wissel gewoonlik tussen -4 °C en 14 °C. Die laagste temperatuur ooit is in die winter van 2010 met -14 °C in Northolt aangeteken. Destyds het die swaarste sneeuvalle in byna twee dekades ook vervoer in Londen ontwrig.

Somers is algemeen warm, waarby temperature in die dig beboude middestad as gevolg van die warmte-eiland-effek soms 5 °C hoër kan wees as in die voorstede en die omgewing van Londen. Die gemiddelde maksimale somertemperatuur is 24 °C, waarby die kwik op 'n gemiddeld van sewe dae per jaar ook bo 30 °C en op twee dae bo 32 °C kan styg. Temperature van meer as 26 °C word tussen middel Junie en laat Augustus op 'n weeklike basis aangeteken. Gedurende die hittegolf van 2003 het die kwik op veertien opeenvolgende dae bo 30 °C gestyg en op twee opeenvolgende dae selfs uiterstes van 38 °C bereik.

Lente- en herfsmaande word deur wisselende weerstoestande gekenmerk, met uiterstes tussen -10 °C en 37,9 °C. Inversielae oor Londen kom gereeld voor. Hoë vlakke van lugbesoedeling tydens 'n inversielaag met swaar mis het op 5 Desember 1952 tot duisende sterfgevalle gelei. Hierdie ramp staan as die Great Smog of '52 of die Big Smoke bekend.

Status duimnael|links|Die parlementsgebou teen sononder duimnael|Suid-Afrika-huis op Trafalgarplein huisves die Suid-Afrikaanse Hoë Kommissie in die Verenigde Koninkryk duimnael|links|Die Buckingham-paleis Twee nedersettings in Groter Londen, die City of London en die City of Westminster, het stadstatus (city status). Die City of London en die res van Groter Londen vorm daarnaas seremoniële graafskappe. Die huidige Groter Londen – met 1 600 km² tans die tweede grootste metropool ter wêreld volgens oppervlakte na Moskou – sluit intussen ook gebiede in wat vroeër deel uitgemaak het van die historiese graafskappe Middlesex, Kent, Surrey, Essex en Hertfordshire en is tans een van die streke waarin Engeland vir administratiewe doeleindes verdeel is.

Die status van hoofstad van Engeland, en later van die Verenigde Koninkryk, is nooit amptelik aan die stad toegeken of deur 'n wet of enige ander geskrewe dokument bevestig nie. Die stad fungeer volgens 'n grondwetlike konvensie as regeringsetel sodat sy politieke status as de facto-hoofstad deel uitmaak van die Verenigde Koninkryk se ongeskrewe grondwet.

Oorspronklik het Winchester as hoofstad van Engeland gedien, maar toe die Westminster-paleis in die 12de en 13de eeu tot die permanente setel van die koninklike hof ontwikkel het, het Londen sy funksie as politieke hoofstad oorgeneem. Westminster en Whitehall vorm al byna 'n millennium lank 'n politieke, godsdienstige en koninklike magsentrum nadat die laaste Angel-Saksiese koning Eduard die Belyer (1042–1066) Westminster tot koninklike en biskopsetel verhef het.

Die vroeë Engelse parlement het oorspronklik in die 14de eeu in die Westminster-abdy vergader en kon later, toe die koninklike hof onder Hendrik VIII na Whitehall verhuis het, die hele koninklike Westminster-paleis as sy setel oorneem. In die 19de eeu, toe die mag van die Britse Ryk sy hoogtepunt bereik het, het die regeringsdepartemente van Whitehall oor 'n kwart van die wêreldbevolking geregeer. Rob Humphreys en Judith Bamber: The Rough Guide to London. London: Rough Guides 2003, bl. 54

Geskiedenis Etimologie duimnael|300px|Die naam London is moontlik van die Teemsrivier afgelei