duimnael|links|Die woord Guǎngdōnghuà ("Guangdong-taal") geskryf in Tradisionele Chinese (links) en Vereenvoudigde Chinese (regs) karakters Kantonees (Vereenvoudigde Chinees: 广东话, Tradisionele Chinees: 廣東話, pinyin: Guǎngdōnghuà, letterlik: "Guangdong-taal"), Standaard Kantonees of Yue (Vereenvoudigde Chinees: 广州话, Tradisionele Chinees: 廣州話, pinyin: Yuèyǔ, letterlik: "Yue-taal"), is 'n Sino-Tibettaanse taal of 'n dialek van Chinees wat in die Volksrepubliek China, Hongkong, Macau, Singapoer en Maleisië gepraat word. Die taal het sowat 63 miljoen sprekers, veral in die Suid-Chinese provinsie Guangdong en die outonome streek Guangxi, rondom die Pêrelrivierdelta, en is daarmee die derde mees verspreide dialek van Chinees naas Mandaryns en Wu. Die naam van dié taal is afgelei van die provinsie Guangdong, wat soms Kanton of Yue genoem word.

Kantonees is een van die amptelike tale van die Volksrepubliek China se spesiale administratiewe streke Hongkong (saam met Engels en Mandaryn-Chinees) en Macau (saam met Mandaryn-Chinees en Portugees).

Kantonees is tradisioneel die mees gebruikte Chinese dialek binne Chinese oorsese gemeenskappe in Suidoos-Asië (veral in Viëtnam en Maleisië, en in 'n minder mate ook in Singapoer en Kambodja) en die westelike wêreld, vernaamlik Australië, Kanada, Wes-Europa en die Verenigde State.

Soos die ander Chinese tale word Kantonees met Chinese karakters geskryf. Kantonees is veral bekend as moedertaal van Bruce Lee (Chinese vegkunstenaar en akteur van Kantonese afkoms).

Sien ook Kantonese Wikipedia

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Chinees Kategorie:Tale van Australië Kategorie:Tale van Kanada Kategorie:Tale van Maleisië Kategorie:Tale van Viëtnam Kategorie:Tale van die Verenigde State van Amerika