John William Bews (16 Desember 1884 - 1938) was 'n Suid-Afrikaanse plantkundige.
Hy is gebore op Kirkwall in die Orkney-eilande, studeer aan die Universiteit van Edinburgh en word lektor in Plantkunde aan die universiteite te Manchester en Edinburgh. In 1910 word hy aangestel as professor aan die Universiteit van Natal waar hy in grasse spesialiseer. Die genus Bewsia is na hom vernoem. Hy ontvang die Carnegie-navorsingsbeurs in 1912, lewer verskeie bydraes tot wetenskaplike blaaie en verwerf aansienlike internasionale aansien. Sy botaniese outeursafkorting is Bews.
Sien ook Lys van botaniste volgens outeursafkorting.
Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
Kategorie:Suid-Afrikaanse botanici Kategorie:Geboortes in 1884 Kategorie:Sterftes in 1938