Turkish AirlinesTürk Hava Yolları A.O. 250px IATA: TH ICAO: THY Roepsein: TURKISH Slagspreuk: Widen Your World Gestig:20 Mei 1933 Ondernemingsvorm: Maatskappy Hoofkwartier: Istanbul Atatürk Lughawe, Yeşilköy, Istanboel, Turkye Hooflughawe: Istanbul Atatürk Int. Lughawe Voorsitter: Hamdi Topçu HUB & President: Temel Kotil Bedryfsinkomste: Turkse lira 1.48 miljard (2013) Netto inkomste Turkse lira 683 miljoen (2013) Werknemers 18 882 (2013) Alliansie: Star Alliance Bestemmings: 280 Vloot:304 vliegtuie Webtuiste: http://www.turkishairlines.com/
Turkish Airlines (Turks: Türk Hava Yollari) is die nasionale vlagdraerlugredery van Turkye, gesetel in die Turkish Airlines Algemene Bestuursgebou op die perseel van die Istanbul Atatürk-lughawe in Yesilköy, Bakırköy, Istanboel."Kontak ons. URL besoek on 26 Junie 2010. "Turkish Airlines General Management Building, Atatürk-lughawe, Yeşilköy, 34149, Istanboel, Turkye"Map. Turkish Airlines. URL besoek op 26 Junie 2010.
Dit onderneem geskeduleerde dienste na 41 plaaslike en 206 internasionale lughawens in Europa, Asië, Afrika en Suid-Amerika. Met 247 bestemmings is die redery die vierde grootste in die wêreld volgens die aantal bestemmings bedien. Die Istanbul Atatürk-lughawe is die Turkse redery se belangrikste basis, met sekondêre spille op Esenboğa Internasionale Lughawe, Sabiha Gökçen Internasionale Lughawe, en ook Adnan Menderes Lughawe.
Turkish is 'n lid van die Star Alliance-netwerk sedert 1 April 2008.Turkish Airlines - Star Alliance In April 2010 is die roepteken TURKAIR vervang met TURKISH as die nuwe roepteken van Turkish Airlines. Die vragafdeling bedien 47 bestemmings met 'n operasionele vloot van nege vragvliegtuie.
Verwysings
Kategorie:Lugrederye Kategorie:Turkye