Staten Island (IFA: ˈstætən) is 'n eiland wat deel vorm van New York. Dit is die suidelikste van New York se vyf stadsdele, of boroughs. Dit word van die aangrensende deelstaat New Jersey geskei deur die getyseestrate Arthur Kill en Kill Van Kull, en van die res van New York deur New York-baai. Met 'n bevolking van 495 747 volgens die sensus van 2020, is Staten Island die yls bevolkte deel van New York.

Staten Island was bekend as Richmond tot in 1975, toe die naam verander is.

Verwysings

Kategorie:Eilande in Atlantiese Oseaan Kategorie:Eilande van die Verenigde State van Amerika Kategorie:New York (stad)