duimnael|links|Trader Horn (links) met Andrew Dakers, die literêre agent vir Ethelreda Lewis.

Ethelreda Lewis neé Howe (1875 - 31 Julie 1946) was 'n Suid-Afrikaanse skryfster. Sy is gebore in Matlock, Derbyshire, Engeland. Sy is Ethel genoem maar neem die naam Ethelreda aan. Sy emigreer na Suid-Afrika en trou met dr. Joseph Lewis van Kaapstad. Sy skryf 'n aantal romans en die bekendste is The Harp. Die boek verskyn in 1925 en handel oor die lewe in 'n klein Kaapse kusdorpie. Sy word bekend as die redaktrise van Trader Horn. Latere boeke wat gevolg het verskaf aan haar roem in Suid-Afrika en die buiteland. Sy is in Port Alfred oorlede.

Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.

Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1875 Kategorie:Sterftes in 1946