Sir Ian Standish Monteith Hamilton (16 Januarie 1853 – 12 Oktober 1947) was 'n Britse generaal en is in Korfu gebore. Hy veg die eerste keer in Afghanistan in 1878 en neem daarna deel in 1880 in die Slag van Majuba. Hierna doen hy diens in die Ooste en keer in 1899 na Suid-Afrika terug. Hy neem deel onder andere aan die Slag van Elandslaagte, Slag van Platrand en die Slag van Diamond Hill. Hy word bevorder tot generaal-majoor en word stafhoof van lord Herbert Kitchener. Hy was in bevel van die mobiele eenhede in Wes-Transvaal waarvan een Johannesburg beset het. Hy het ook 'n aantal boeke geskryf oor sy herinneringe in Suid-Afrika.
Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.
Kategorie:Britse militariste Kategorie:Britte in die Eerste Wêreldoorlog Kategorie:Generaals Kategorie:Mense in die Eerste Vryheidsoorlog Kategorie:Mense in die Tweede Vryheidsoorlog Kategorie:Geboortes in 1853 Kategorie:Sterftes in 1947