Die Suid-Afrikaanse Klas NG G12 2-6-2+2-6-2 van 1927 is 'n Suid-Afrikaanse stoomlokomotief van die Suid-Afrikaanse Spoorweë-era.
In 1927 het die Suid-Afrikaanse Spoorweë twee Klas NG G12 Garratt geartikuleerde stoomlokomotiewe met 'n 2-6-2+2-6-2 "Dubbel Prairie"-tipe wieluitleg in diens geplaas. Hulle was die kleinste Garrattlokomotiewe om diens te doen in Suid-Afrika. pp. 106-107, 110.
Die Suid-Afrikaanse Spoorweë (SAR) het 'n bestelling geplaas vir twee liggewig smalspoor Garrattlokomotiewe by Beyer, Peacock and Company in 1927. Beyer, Peacock het toe die bouwerk sub-gekontrakteer en die twee lokomotiewe is gelewer deur die Belgiese lokomotiefbouers Société Franco-Belge, later in 1927. Hulle is afsonderlike werksnommers toegeken deur Beyer, Peacock asook Franco-Belge, en is genommer as NG56 en NG57 met dienslewering.
Die lokomotiewe was superverhit, met buiteplaatrame, Walschaerts-klepratwerk en ronde boonste vuurkaste. Ontwerp vir ligte 20 pond per jaart (9,9 kilogram per meter) spoor, was hulle lig van konstruksie en baie gewild onder die meganikusse wat hulle in stand gehou het.
Eksterne skakels
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine