Quelea is 'n klein genus van sangvoëls wat aan die Wewerfamilie, Ploceidae, behoort. Hierdie voëls kom net in Afrika voor. Hulle is klein mossie- of vinkagtige voëltjies wat in groepe leef. Hulle snawels is vir die vreet van sade aangepas. Kwelea's kan oor groot afstande nomadies wees. Die rooibekkwelea is moontlik die mees talryke voëlspesie ter wêreld.

duimnael|links|'n Mannetjie rooikopkwelea wat sy nes bou duimnael|links|'n Swerm rooibekkweleas

Taksonomie Daar is drie spesies: Kardinaalkwelea, Quelea cardinalis Rooikopkwelea, Quelea erythrops Rooibekkwelea, Quelea quelea

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings

Kategorie:Wewervoëls