Fringilla is 'n genus van sangvoëls in die familie van vinkagtiges (Fringillidae). Dit is die enigste genus in die subfamilie Fringillinae.

Hierdie voëls is ongeveer 15 sentimeter lank. Hulle het 'n bonserige vlug met afwisselende fases van flap en sweef op geslote vlerke. Hulle is nie so gespesialiseerd soos die ander vinke nie en vreet beide saad en insekte. In teenstelling met die ander vinke voed hulle hul kleintjies eerder insekte as sade.

Spesies Die genus omvat die volgende spesies: Fringilla coelebs (Gryskoppie) Linnaeus, 1758 Fringilla montifringilla (Bergfink) Linnaeus, 1758 Fringilla teydea (Bloufink) Webb, Berthelot & Moquin-Tandon, 1836

Die gryskoppie kom hoofsaaklik in bosagtige gebiede in Europa, Noord-Afrika en die westelike dele van Asië voor. Die bloufink is endemies aan eilandgebiede. Die bergfink broei in Eurasië se noordelike taiga en suidelike toendra.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings

Kategorie:Kanaries, vinke en streepkoppies