Die Suid-Afrikaanse Klas NG G11 2-6-0+0-6-2 van 1919 is 'n Suid-Afrikaanse smalspoor stoomlokomotief van die Suid-Afrikaanse Spoorweë-era.
Tussen 1919 en 1925 het die Suid-Afrikaanse Spoorweë vyf Klas NG G11 Garratt geartikuleerde stoomlokomotiewe met 'n 2-6-0+0-6-2 "Dubbel Mogul"-tipe wieluitleg in diens geplaas op die Avontuur smalspoorlyn deur die Langkloof en ook in Natal. Hulle was die eerste Garrattlokomotiewe om diens in Suid-Afrika te doen. pp. 105-106 Durrant, A E (1989). Twilight of South African Steam (1st ed.). Newton Abbott, London: David & Charles. p. 123. .
Montering en diens Die eerste drie lokomotiewe, nommers NG51, 52 en 53 is aanmekaargesit by die SAR-werkswinkels te Uitenhage naby Port Elizabeth.
Hulle is in diens geplaas op die Avontuurlyn, maar is spoedig oorgeplaas na Natal waar almal behalwe een bly diens doen het tot hul onttrekking in 1962. Nommer NG51 is in 1945 terug na die Avontuurlyn om die uittredende Klas NG3 te vervang as werfrangeerder by Humewoodweg.
Die twee lokomotiewe van die tweede bestelling het ook diens gedoen in Natal, tot die einde van hul werk op die tak van Estcourt na Weenen in 1966, toe hulle albei na die Avontuurlyn is in ruil vir twee nuwe Klas NG G13-lokomotiewe. Daar doen hulle werfpligte en oordragritte van en na die hawe tot en met die aankoms van die Klas 91-000 diesel-elektriese lokomotiewe in 1973, toe hulle aan diens onttrek is in Oktober 1974.
Eksterne skakels
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine